Ernie Elsuitnodingstoernooi gekanselleer

ImageDie Ernie Els-uitnodigingsgholftoernooi sal nie in Desember vanjaar plaasvind nie omdat die toernooiskedule te vol is, het Els se sakebestuurder, Phill Cotton, aangekondig. Ernie Els het op sy beurt gesê dat die 2007 Ernie Els-uitnodingstoernooi die beste ooit was en heel geslaag, sodat dit jammer is dat die datums vir vanjaar so moeilik geblyk het.

Veral die SAL-Ope kampioenskap wat op 21 Desember klaarmaak, het 'n probleem geskep. Daar is egter planne om 'n eendagfondsinsamelingstoernooi op die Maandag net na die SA Opekampioenskap te hou.

Die byeenkoms sal ten gunste van die Ernie Els en Fancourt-stigting plaasvind. Fondse sal ook gebruik word vir 'n bewusmakingsveldtog oor outisme. Ernie se seun, Ben, is ook met dié toestand gediagnoseer.

Die Els-uinodigingstoernooi sal weer in Desember 2009 plaasvind aangesien die Sonskyntoer se rooster weer plek sal hê daarvoor.

 

магазин автоинструментаДанильченко Юрий Брониславович

Ollie le Roux draf dalk vir die Stormers uit

Die voormalige Springbokstut Ollie le Roux sal waarskynlik vandeesweek by die Stormers se spanoefeninge aansluit om hul

Image

Ollie le Roux

skrum te versterk in Saterdag se Super 14-wedstryd teen die Waratahs.

Le Roux, wat tans klubrugby in Brittanje speel, het oor die naweek die Ierse span Leinster met twee drieë gehelp om met 41-8 teen die Dragons te seëvier.

Die Kaapse span verkeer tans vierde op die punteleër en Ollie le Roux se ervaring mag dalk net die deurslag gee in aanstaande Saterdag se wedstryd teen die Waratahs.

печи купитьЛобановский Харьков