Israel bou 2000 huise na UNESCO-besluit

Israel sal sowat tweeduisend nuwe huise vir setlaars in oos-Jerusalem en die Wesoewer bou in reaksie op Unesco se besluit om Palestina as volle lid van die organisasie toe te laat. Volgens die Israelse openbare radiodiens is die besluit geneem tydens ‘n vergadering van die eerste minister Benjamin Netanjahu se forum van agt senior ministers.

Lees verder: Israel bou 2000 huise na UNESCO-besluit

JuJu kla oor Valke inligting uitlek

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, voel sy menseregte word benadeel deur inligting wat gelek word van die polisie, het die SABC Dinsdag berig. Die uitsaaier het berig Malema oorweeg dit om die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie oor die kwessie te nader. Malema het in ‘n onderhoud gesê hy is bekommerd oor wat hy

Lees verder: JuJu kla oor Valke inligting uitlek

Honderde beset kerkgrond

Honderde mense het grond beset wat aan die Verenigende Hervormde Kerk buite Mthatha in die Oos-Kaap behoort, het die SABC Dinsdag berig. Kerkverteenwoordigers het gesê die grondbesetters het ‘n komitee gevorm, wat die 57 hektaar grond opgedeel en teen R7 000 per erf verkoop, het die uitsaaier berig. Die kerk het reeds aansoek gedoen vir

Lees verder: Honderde beset kerkgrond

Zuma prys Mazibuko

Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê. “Ek dink dit voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika,” het Zuma by ‘n sake-ontbyt in Kaapstad gesê. “Ek dink dit is ‘n aanduiding dat ons demokrasie, sowel as die bemagtiging van vroue werk.” Mazibuko

Lees verder: Zuma prys Mazibuko

Amerikaanse teenstrydighede oor Moslems

Twee oënskynlik teenstrydige Amerikaanse beleidsrigtings pryk vandag op Praag se voorblad in die vorm van nuusberigte: Die Al Kaida-vlag wat oor Libië wapper nadat hulle ‘n Amerikaanse regime-ontrimpeling ondergaan het en die Amerikaners se besluit om UNESCO se befondsing te staak omdat die Palestynse Owerheid (PO) tot dié VN-liggaam toegelaat is. Die wêreld se voorste

Lees verder: Amerikaanse teenstrydighede oor Moslems

VSA staak UNESCO-befondsing

Amerika het sy finansiële bystand aan Unesco teruggetrek uit protes teen die lidmaatskap wat aan die Palestynse owerheid toegeken is. ‘n Woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Victoria Nuland sê die 60 miljoen dollar wat dié maand oorbetaal moes word, sal nie meer toegeken word nie. Vroeër het die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali

Lees verder: VSA staak UNESCO-befondsing

Roodt kry hofbevel teen ‘Zoeloe-grondeienaars’

‘n Landboukundige van KwaZulu-Natal het ‘n hofbevel verkry teen ‘n swartman wat aanspraak maak op sy grond en dit glo stuk vir stuk verkoop. Hy voer aan dat hy daarop geregtig is, omdat die grond aan die Zoeloes behoort. Die eienaar van die stuk grond van 82 hektaar, Rusty Roodt, het ‘n dringende aansoek in

Lees verder: Roodt kry hofbevel teen ‘Zoeloe-grondeienaars’

Swart vlag van Al Kaida wapper oor Libië

Die swart vlag van al-Kaida wapper oor Libië nadat NAVO formeel sy militêre veldtog beëindig het. Die vlag is op die dak van die hof in Benghazi gehys waar die land se nuwe regeerders die Sjaria afgekondig het nadat hulle die eertydse leier, Moeammar Gaddafi gesodomiseer en vermoor het. Die gebou word gesien as die

Lees verder: Swart vlag van Al Kaida wapper oor Libië