‘n Regter in Georgia in die VSA het beveel dat president Barack Obama in die hof verskyn hierdie week om te bewys of hy as ‘n Amerikaanse burger kwalifiseer om president te wees aangesien hy nie in die VSA gebore is nie. Dit is die jongste saak deur die sogenaamde “birther” beweging wat sê Obama
Woolworths wil nie hul pryse vergelyk nie
‘n Onafhanklike webwerf wat pryse in winkels monitor, is toegang tot Woolworths geweier, en twee van hulle navorsers uit ‘n winkel uitgejaag, het Beeld Maandag berig. Viccy Baker, van Red Gekko Ontwerp en Branding Solutions in Johannesburg, bedryf die webwerf Retail Price Watch waarin pryse van ongeveer 10 000 produkte gelys word. Hulle navorsers bestudeer
Jongste plaasaanval eis boer van Limpopo
‘n Boer van Roossenekal in Limpopo, Francois du Toit (38), is Maandagoggend koelbloedig deur swart aanvallers doodgeskiet in die jongste plaasaanval. Sy vrou, Eunice, en hul twee jong kinders, is daarna deur die drie aanvallers vasgebind. Du Toit is in die maag en kop geskiet. Du Toit het by AlzuVoere in Middelburg, Mpumalanga, as voedingsdeskundige
Mediastilte oor Malema
Daar hang ‘n mediastilte oor die appèlverhoor van die ANC-jeugligapresident Julius Malema wat Maandag in Johannesburg begin het. Dit is nie bekend of die verrigtinge Dinsdag sal voortgaan nie. Vroeër, het die African National Congress-woordvoerder Keith Khoza gesê lede van die party het opdrag gekry om nie op die verhoor by Luthuli-huis kommentaar te lewer
DA-Jeug verkoop gemengde seks
Die DA se studenteorganisasie, DASO, het ‘n omstrede veldtog van stapel gestuur met ‘n uitlokkende plakkaat van twee mense van verskillende rasse in ‘n seksueel uitdagende posisie. Dié plakkaat het Maandag ‘n opskudding op sosiale netwerke veroorsaak. Die plakkaat toon ‘n wit man wat ‘n swart vrou omhels met die onderskrif: “Daso, in ons toekoms
Pretoria: Korrupsie vier hoogty
“Die onwettige verkoop van grond in die Wallmansthal gebied is ‘n gevolg van die heersende behuisingsprobleem in die groter Pretoria gebied. Dit is ook ‘n duidelike teken van die Regering se onvermoë om korrupsie en wanbestuur die hok te slaan”, sê Philip van Staden, VF Plus streeksleier in Pretoria. Dit volg nadat dit vorendag gekom
Die einde van die wêreld
“In ‘n oogwenk kan enigiets gebeur,” sê Patty Tegeler. “En ek glo vas jy moet voorbereid wees.” Tegeler is deel van ‘n groeiende subkultuur van Amerikaners wat na hulself verwys as “preppers.” Sommige word gedryf deur ‘n vrees van ‘n dreigende maatskaplike ineenstorting, ander is bekommerd oor terrorisme, en baie het ‘n vae bekommernis dat
PUK-student verdrink
‘n Ondersoek is aan die gang na ‘n voorval by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar ‘n student in ‘n swembad op die kampus verdrink het. Die 19-jarige eerstejaarstudent was ‘n inwoner van die Ratau-manskoshuis. Die voorval het Saterdag na bewering tydens oriëntering gebeur. Die student was vir meganiese ingeneurswese geregistreer. Die eerstejaarstudent het in die
Malema-appèl skop af
Regsbetoë sal vandag aangehoor word in die geskorste ANC-Jeugligaleier, Julius Malema se appèlaansoek aan die ANC se Nasionale Appèlkomitee teen sy skorsing uit die ANC. Dit sal in Luthuli-huis in Johannesburg plaasvind. Die ANC se appèlkomitee, onder voorsitterskap van Cyril -Ramaphosa, sal besluit hoe lank die verhoor gaan duur. Malema se betoog gaan grootliks daaroor
Da Vinci ‘in gevaar’
Delikate werk onderneem om ‘n Leonardo Da Vinci-meesterstuk te herstel, en wat in Maart bekendgemaak sou word, het verander in ‘n kopseer vir die Louvre, nadat kenners die Parysmuseum beskuldig het dat hulle die kosbare oliewerk in gevaar stel. Da Vinci se ‘Maagd en Kind met Saint-Anne‘ het hy in 1503 begin verf en toe
