Malema-appèl skop af

Regsbetoë sal vandag aangehoor word in die geskorste ANC-Jeugligaleier, Julius Malema se appèlaansoek aan die ANC se Nasionale Appèlkomitee teen sy skorsing uit die ANC. Dit sal in Luthuli-huis in Johannesburg plaasvind.

Die ANC se appèlkomitee, onder voorsitterskap van Cyril -Ramaphosa, sal besluit hoe lank die verhoor gaan duur.

Malema se betoog gaan grootliks daaroor handel dat die Nasionale Tugkomitee hom nie die reg gegun het om om versagtende omstandighede te pleit nie; en ingevolge ‘n wysiging van die ANC-Jeugliga se grondwet is ‘n skorsing uit die ANC nie noodwendig op die Jeugliga van toepassing nie en is die Jeugliga ‘n outonome struktuur.

Malema gaan ook aanvoer dat die NTK, die Minister van Huisvesting, Tokyo Sexwale, “ongevraagd beledig” het toe hy tydens Malema se tugverhoor vir hom getuig het.

Sy getuienis is bestempel as dat dit aan die “absurde” sou gegrens het. In ‘n nuwe verwikkeling word bespiegel dat Malema gaan vra dat die komiteelid, Jessie Duarte haar onttrek weens ‘n onderonsie met die Jeugliga oor die ANC se eeufeesvieringe.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae