Zuma simpatiek teenoor boere

Die ANC President, Jacob Zuma, sê die party se deure staan oop vir alle Suid-Afrikaanse boere.

Zuma het op SA Graan se kongres in Bothaville in die Vrystaat gesê dit maak nie saak watter probleme boere het nie.

Hy wil hê die verhouding tussen die ANC en SA boere Sa moet verstewig.

Zuma sê as daar nie inter-aksie tussen die partye is nie kan dit tot langdurige spanning lei.
Die belangrikste boodskap wat hy vir die boere het, is dat Suid-Afrika hulle nodig het.

купить детскую кухнюлобановский депутат

Israel val weer Gaza aan

Israeli-magte sit hulle veldtog teen sogenaamde militêre teikens in die Gaza-strook voort.

Meer as 130 mense is reeds dood sedert die aanvang van die Israeli’s se offensief as teenvoeter vir vuurpylaanvalle.

Die miltere offensief het daartoe gelei dat die Palestynse regering hom aan die vredesonderhandelings onttrek het.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleeza Rice, is in die Midde-Ooste maar sy sukkel om die samesprekings weer op koers te kry.

набор посудаДанильченко Юрий отзывы

Reitz-koshuis vra verskoning

Die Reitz Kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het ’n onvoorwaardelike apologie uitgereik aan alle studente en ander koshuise op die kampus.

Al die inwoners van die koshuis en die huiskomitee het besluit om apologie aan te teken nadat hulle saam weer na die video gekyk het.

Die apologie aan alle koshuise en alle ander studente is bekendgemaak met die verspreiding van strooibiljette met die apologie daarop.

casino noФильчаков прокурор харькова

Geen Eskom

ImageAlle nuwe bouprojekte landwyd groter as ’n privaat woonhuis sal vir tussen vier en ses maande deur ESKOM geblokkeer word.

Nuwe projekte soos trosbehuisingkomplekse, vulstasies, fabrieke en alle ander konstruksieprojekte wat elektrisiteit van ESKOM vereis sal geblokkeer word.

Nuwe konstruksieprojekte benodig ’n elektrisiteitsertifikaat voordat konstruksie kan begin en ESKOM gaan voorlopig geen sulke sertifikate uitreik nie.

тамбов автохимияЛобановский

Zuma ten gunste van doodstraf

Die President van die ANC, Jacob Zuma, het vir die tweede keer sedert sy verkiesing as president van die organisasie in Desember hom uitgespreek oor die herinstelling van die doodstraf.

Zuma sê indien hy die land se volgende president word sal hy dalk die ANC kan oorreed om ’n debat te begin oor ’n referendum om die doodstraf weer in te stel.

Hy sê ook daar is te veel klem op die regte van misdadigers pleks van die regte van slagoffers.

справки купитьФильчаков прокурор отзывы

Ommeswaai vir Hillary Clinton?

Columbus, Ohio – Hillary Rodham Clinton het uiteindelik oorwinning gesmaak. Die Demokratiese kandidaat in die benoemingstryd het gisteraand beweer dat sy Obama in Ohio verslaan het deur te sê: “Ons is goed op dreef en ons gaan tot aan die einde vasbyt.”

Confetti het op haar neergereën toe sy tydens die Ohio-vergadering die verhoog bestyg het. Sy het die skare vertel dat haar prestasie ʼn oorwinning vir almal verteenwoordig wat “teen die planke was maar verseg het om uitgeslaan te word”.

Sy en Barack Obama was steeds in ʼn naby stryd gewikkel om die staat Texas in die nominasiestryd te buit en haar beweerde oorwinning in Ohio moes steeds bevestig word. Vroeër het Clinto Obama se reeks oorwinnings verbreek toe sy Rhode Island verower het, nadat Obama as wenner in Vermont verklaar is.

Ten spyte van die ommeswaai in haar geluk, staar ʼn opdraande stryd steeds vir Clinton in die gesig om Obama se voorsprong in afgevaardigdes uit te wis.

оборудованиеДанильченко Юрий Харьков

Ons gaan alle ‘white bitches’ verkrag

Volgens die Sondagkoerant Rapport, kruip wit studente tans weg op die Kovsiekampus.  Daar is ook aan blanke vrouestudente deur swart mansstudente gesê: "Ons gaan alle ‘white bitches’ verkrag."

Volgens Karien Linström, primaria van Huis Emily Hobhouse, vergader die primarias van al die vrouekoshuise elke dag om die veiligheidstoestand op die kampus te bespreek.

“Ons het tot dusver geen ondersteuning van die UV se topbestuur gekry nie.”

Die polisie was teen Saterdagmiddag nog op die kampus ontplooi.

Linström vertel die swart studente het vir die meisies geskree dat alle white bitches verkrag gaan word.

“Moenie dink julle is veilig nie, ons gaan julle koshuise met petrolbomme gooi” en “alle wit mense moet van die kampus af”, is die meisies toegesnou.

Die manstudente het doodsdreigemente gekry dat “alle wit boere doodgemaak gaan word”.

Swart studente het geëis dat Reitz-kamerwonings toegemaak word, “anders moet die plek afgebrand word”.

“Ons soek bloeddeurdrenkte Reitz-hemde,” was een van die eise.

Классические подвесные светильникиданильченко юрій Харків

100 Palestyne dood in Gaza

Die Palestynse owerheid het vredesonderhandelings met Israel opgeskort na Israel se offensief in die Gaza-strook waarin meer as 100 Palestyne dood is.

Israel sê hulle optrede is selfverdediging teen Hamas in reaksie op die oorgrens-vuurpylaanvalle deur militantes en dreig om hulle grond- en lugveldtog te verskerp ten spyte van kritiek dat hulle onnodig kragdadig optree.

панель светодиодная круглаяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Pandor wil Reitz-vier straf

Die Minister van Onderwys, Naledi Pandor, wil toesien dat owerhede ferm optree teen die vier studente wat verantwoordelik was vir die produksie van die rassistiese wat verlede week soveel opslae veroorsaak het op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Intussen beoog die studente-organisasie, SASCO, om vandag ’n protesoptog na Pandor se kantoor omdat hulle ontevrede is met die manier waarop die universiteitsowerhede die saak hanteer het.

Hulle dring ook daarop aan die vier mans nooit weer by enige Suid-Afrikaanse universiteit mag inskryf nie.

как проходить полиграф при приеме на работуДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Alstom gaan kragsentrale bou

Die Franse maatskappy Alstom gaan ‘n reusekragstasie naby Witbank in die Oos-Transvaal aanbring. 

Die kragstasie naamlik Bravo, is ontwerp om vier duisend sewe honderd en vyftig megawatts elektrisiteit te produseer.

Die vise-president van Alstom, Philippe Joubert, sê die transaksie sal Vrydag deur die Franse president Nicolas Sarkozy en President Thabo Mbeki onderteken word.

Die transaksie is vyftien miljard rand werd. 

slots to play for funФильчаков прокуратура харьков