Guinee het Woensdag “subversiewe” byeenkomste verbied nadat twee dae van nasionale rou afgekondig is. Troepe het Maandag losgebrand op ‘n skare van opposisieondersteuners in ‘n stadion en 157 mense is in die regeringsoperasie gedood, sê menseregteaktiviste. Die land se militêre diktator het gesê hy is jammer oor die geweld, maar volgens menseregteorganisasies is nog drie
Kampioenrotvanger spog met 83 000 in een maand
‘n Boer van Bangladesj wat meer as 80 000 knaagdiere in ‘n enkele maand doodgemaak het, het Woensdag ‘n kleurtelevisiestel as prys ontvang toe hy as die land se kampioenrottevanger vir 2009 gekroon is, het amptenare verklaar. Mokhairoel Islam het in Februarie 83 450 rotte van die gras afgemaak, meer as dubbel die aantal van
Tsoenamigolwe tref Japan
Die reuse-aardbewing wat groot verwoesting in die Samoaanse eilande in die Stille Oseaan gesaai het, het veroorsaak dat klein tsoenami-golwe Woensdag die kuslyn van Japan, wat duisende kilometers weg is, tref. Tsoenami-golwe van sowat 10cm het gebreek op die eilande suid van Tokio, sowel as op die noordkus van die hoofeiland Honsjoe, het die meteorologiese
Tango deel van wêrelderfenis
Die Verenigde Nasies het die warmbloedige tangodans van Argentinië en Uruguay as deel van die wêreld se “ontasbare kulturele erfenis” verklaar, het diplomate van UNESCO Woensdag gesê. Die VN se kulturele organisasie is besig met ‘n vergadering van 400 kenners in Abu Dhabi waar hulle gaan besluit oor ‘n lys van wêreldkuns en tradisies wat
Kinderagtige geskel oor ras
Die klag van rassisme teen die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het ‘n lang aanloop en is maar die puntjie van die politieke intrige-ysberg waarmee Frankryk gereeld te kampe het. Kennelik is die nuwe smeerveldtogtaktiek om enige mededinger met die rassismekwas by te kom. Voorheen was hoë amptenare se privaatheid heilig en enige
Stryd om demokrasie
{jathumbnail off} детский самокатДанильченко Юрий Брониславович компромат
Proe die Franse platteland
{jathumbnail off} ‘n Resep met net één vars bestandeel, smaaklik, kleurvol, eenvoudig, baie deftig en elegant. Kortom ‘n mondvol en eg Frans. Moenie volgende keer verby daardie bossie radyse in die groentewinkel of die boeremark loop nie. In daardie kraakvars pepersmakie van die nederige radys, lê die geheim van ‘n hele maaltyd opgesluit. Soek ‘n
Waterwese trap water
Suid-Afrika benodig meer as R70 miljard om sy infrastruktuur vir die verskaffing van water te verbeter, het Buyelwa Sonjica, minister van omgewingsake en waterwese, Dinsdag gesê. Sonjica het by die bekendstelling van die Maquassi Hills-watervoorsieningsprojek in die Noord-Wes gepraat. Sy sê vyf sulke projekte is in die afgelope drie jaar in dié provinsie van stapel
Zuma wil misdaad met geweld bekamp
President Jacob Zuma het polisielede regoor die land aangemoedig om alles in hulle vermoë te doen om misdaad te bekamp, al beteken dit dat hulle misdadigers moet doodskiet. Dit blyk dat Zuma ‘n vasberade benadering tenoor misdaad inneem, met die Wêreldbeker om die draai. Vrese bestaan dat 2010 geteister sal word deur kapings, moorde en
Tsoenami dreig in Nieu-Seeland
‘n Tsoenami wat veroorsaak is deur ’n aardbewing naby Samoa het talle dorpe op eilande in die Stille Oseaan verwoes. Verskeie dorpe is deur die tsoenami “weggevee” en talle mense word vermis, het ‘n verslaggewer vir Radio Polynesië aan Radio Nieu-Seeland berig. Die aardbewing het ongeveer 85 km onder die Stille Oseaan plaasgevind, het die
