Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.
Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.
Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.
Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.
Dit gaan beteken dat ‘n toeris wat enigeen van die lande wil besoek, slegs ‘n enkele visum sal nodig hê. Visums vir Suid-Afrika sal byvoorbeeld in Zimbabwe of Mosambiek uitgereik kan word.
Die besluit is geneem by die ministeriële konferensie wat verlede week in Luanda gehou is en is gister deur die adjunkminister vir toerisme, Rejoice Mabudafhasi, aangekondig.
‘n Verdere en moontlik omstrede kwessie wat by die konferensie bespreek is, is die verwydering van alle hindernisse vir die vrye beweging tussen die nege lidlande van SAOG. Die konferensie wil dit aanmoedig deur die sluit van bilaterale ooreenkomste sodat burgers van die volgende lande vrylik sonder visums heen en weer oor die grense kan beweeg: Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië en Zimbabwe.
Die raadslid het sy motor voor sy huis geparkeer gesien voordat dit deur die vuur verteer is terwyl hy binne-in die huis was rondom twee-uur op Woensdag, het ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Julia Claasen, gesê.
‘n Bakkie wat naby geparkeer was, het nie aan die brand geslaan nie.
Volgens Claasen het die motorbrandery plaasgevind na ‘n dispuut omstreeks twee-uur gistermiddag met munisipale werkers wat besig is om te staak vir salarisverhogings.
Gistermiddag het mense gepoog om die plaaslike biblioteek af te brand en het rommel oral oor die munisipale eiendom gestrooi, het kaptein Thivhulawi Tshilite gesê.
Navolede ontmoet in Boekarest van 2 tot 4 April en sal versoeke van twee voormalige Sowjetrepublieke, Oekraïne en Georgië, oorweeg om by die organisasie aan te sluit.
Die Russe beskou dit as baie netelig vir die bestaande Europese veiligheidstruktuur. Hulle hou vol dat geen staat verteenwoordigers van ‘n militêre blok waaraan hy nie behoort nie naby sy grense mag toelaat nie.
‘n Opposisiekandidaat wat Morgan Tsvangirai se faksie binne die Beweging vir Demokratiese Verandering verteenwoordig, bevind hom onder diegene wat gearresteer is.
Blykbaar het die loods ook verstrengel geraak in die klopjag.
Hoewel opposisiepartye sê dat daar minder geweld as voorheen voorkom op die vooraand van die verkiesing, het hulle wel die polisie daarvan beskuldig dat hulle vir Robert Mugabe se ZANU PF kant kies.
Die ergste massamoord het plaasgevind toe ‘n woedende skare ‘n kerk afgebrand het waarin 100 vreesbevange statbewoners skuiling gesoek het. Dertig mense is in die voorval dood.
Agterdog het nog nie gewyk nie en duisende mense leef steeds as vlugtelinge. ‘n Massabevolkingsverskuiwing het plaasgevind soos wat Keniane van verskillende stamme poog om na die veiligheid van hul tradisionele stamgebiede terug te keer.
Gewone Keniane sê die magsdelingsooreenkoms het vrede vir die mense bo gebring, maar nie vir hulle nie. Kikoejoes leef in die vrees vir etniese weerwraak.
Sasol wil sy aandeelhouersbasis uitbrei en het verlede jaar aangekondig dat so ‘n transaksie beplan word. Die hoofuitvoerendebeampte, Pat Davies, het in ‘n verklaring gesê dat die maatskappy ekonomiese geleenthede vir meer as een miljoen begunstigdes waaronder individue en landelike vrouegroepe wil skep.
Die transaksie sal ‘n positiewe uitwerking op Sasolaandele hê. Swartes sal 3% van Sasolaandele bekom, swart beleggersgroepe 1,5%, Sasolwerknemers 4% en die Sasol Inzalo-stigting 1,5%.
Indien Protestantse kerke wil aanhou om nie-Moslems te bedien, moet hulle oor ‘n permit beskik, sê kerklikes. ‘n Wet is in Februarie 2006 bekragtig waarvolgens Kerke toestemming van die regering se plaaslike verteenwoordigers moet vra om hul deure te kan oophou.
Geen amptelike rede is egter deur die owerhede verstrek nie. Hugh Johnson, ‘n prominente Protestantse geestelike leier is tans gewikkel in ‘n reeks hofsake nadat die Algerynse regering geweier het om sy verblyfpermit te hernu.
Nie alleen rysboere in Ekwador nie, maar ook Franse slaketers moet opdok. Veranderende weerpatrone, wêreldwye ekonomiese verskuiwings, laer voedselreserwes en groeiende verbruikersaanvraag in China en Indië is die grootste sondebokke.
Die aarde se armste bevolkings bly die hongerste. In Egipte is twee mense verlede week dood in skermutselinge oor brood en voedselopstande het uitgebreek in Burkina Faso en Kameroen.
In Italië het protes teen voedselpryse op verskeie plekke opgeklink, terwyl die prys van spaghetti in Haïti verdubbel het. Japan se stapeldis, miso, het die hoogte in geskiet.
Syfers wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, toon dat kleinhandelverkope amper dieselfde gebly het as verlede jaar. Die negatiewe impak van stygende rentekoerse is dus nie so groot soos geantisipeer nie.
Besteding op luukse items het toegeneem en motorverkope, wat die belangrikste aanduiding van druk op verbruikers is, het effens gestyg. Handelsvolume is ook beter as verlede jaar.