Groen Narre wurg Swart Superhelde

Suid-Afrika het Nieu-Seeland vandag met 3 lopies in die derde en beslissende T20 sloeg-en-giggel In Auckland gewen en daarmee beklemtoon dat die span wat omtrent alles reg doen nie noodwendig ’n  span sal klop wat omtrent heeltemal droogmaak nie. Vra maar vir AB de Villiers en vir Brendon McCullum, onderskeidelik die kapteins van die Proteas

Lees verder: Groen Narre wurg Swart Superhelde

‘Plaasmoorde is nie volksmoord’

Noudat plaasmoorde internasionaal bekend raak, het Media24 weer eens ingespring om die kwessie te ontlont. In 90% van plaasaanvalle, berig Nuus24, is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd. “Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is

Lees verder: ‘Plaasmoorde is nie volksmoord’

Talewet ‘n ideologiese bolwerk

Die nasionale regering se verpligting wat in die wetsontwerp uiteen gesit word is om die taalbeleid te stuur en te moniteer (2(a) en om taaleenhede (units) tot stand te bring. Adviserende (8)(a) taaleenhede moet tot stand gebring word om gelyke behandeling te bevorder (6(1)(a)ii) en om die betrokke Minister te adviseur (6)(1)(a)(i). ‘n Minister sal

Lees verder: Talewet ‘n ideologiese bolwerk

Scholtz en van der Rheede wil beslis nie Afrikaans red

Leopold Scholtz, ‘n aanhanger van Moslemekstremisme, spoel weer mond uit in Beeld oor die sogenaamde “regses” en “rassiste”, oftewel wit Afrikaners, en spesifiek die besoek van Martin Bosma, ‘n Nederlandse parlementslid, in Suid-Afrika wat “Afrikaans” ten nadele sal strek. Scholtz het by vorige geleenthede ook al sy neus opgetrek vir die hand van vriendskap en

Lees verder: Scholtz en van der Rheede wil beslis nie Afrikaans red

Net konfederasie kan volksoorlewing waarborg

Met Suid-Afrika se diversiteit kan enige volk in die land sy identiteit verloor as hy nie volle politieke mag verkry nie. Ongelukkig bestaan ons land uit amper 12  volksgroeperinge soos bv. Xhosas, Zoeloes, Tswanas , Afrikaners , Kleurlinge ens. Die eerste teken wanneer ‘n volk sy identiteit verloor, is wanneer sy taal begin uitsterf. Hoeveel

Lees verder: Net konfederasie kan volksoorlewing waarborg

Jeep Compass 2.0 Limited

{jathumbnail off} Die Compass is die kleinste in die Jeep-stal en word aangedryf deur ‘n 2-literpetrolenjin met voorwielaandrywing. Wag ‘n bietjie, ‘n Jeep wat tweewielaangedrewe is, ja, dit klink snaaks, maar dit is hoe die tye verander het. In die Limited-baadjie is die Compass nogal goed toegerus: Swart leerbekleedsel regdeur die motor met ‘n goeie

Lees verder: Jeep Compass 2.0 Limited

Praag en ‘die volk se opium’

Ek kom uit die 50 cc-geslag. Dit was die jare wat die padreëlmakers dit goed gedink het om die mees onervare motorfietsryers – die standerd 9-jakketrakke wat nou net hulle eerste ID’s ontvang het – tot die mees gevaarlike motorfietskategorie – 50 cc en kleiner – te beperk. Nou, na al hierdie jare, vra maar

Lees verder: Praag en ‘die volk se opium’

Santorum se verkiesingspraatjies maak opslae in Nederland

Rick Santorum, een van die Republikeine se mees konserwatiewe kandidate, se verkiesingspraatjies het die Nederlanders in rep en roer. Hy beskryf die klein Wes-Europese landjie as ‘n nagmerrie waar die massamoord van bejaardes algemeen voorkom. In Nederland het sy uitlatings ‘n storm van ongeloof en kritiek veroorsaak, waar die plaaslike pers sê sy syfers is

Lees verder: Santorum se verkiesingspraatjies maak opslae in Nederland

Ses oor straatnaamplakkers in Pretoria los

Die klagtes teen ses mans wat beskuldig word van die gebruik van plakkers om die naam van Nelson Mandelarylaan in Pretoria na Clive Derby-Lewis-rylaan te verander, is teruggetrek, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het. Die klagtes is Maandag by die Pretoriase landdroshof teruggetrek, het The Times berig. Ben Geldenhuys (38), Jan Beyers, 31, Tommy

Lees verder: Ses oor straatnaamplakkers in Pretoria los