Jongste plaasaanval eis boer van Limpopo

‘n Boer van Roossenekal in Limpopo, Francois du Toit (38), is Maandagoggend koelbloedig deur swart aanvallers doodgeskiet in die jongste plaasaanval. Sy vrou, Eunice, en hul twee jong kinders, is daarna deur die drie aanvallers vasgebind. Du Toit is in die maag en kop geskiet. Du Toit het by AlzuVoere in Middelburg, Mpumalanga, as voedingsdeskundige

Lees verder: Jongste plaasaanval eis boer van Limpopo

Mediastilte oor Malema

Daar hang ‘n mediastilte oor die appèlverhoor van die ANC-jeugligapresident Julius Malema wat Maandag in Johannesburg begin het. Dit is nie bekend of die verrigtinge Dinsdag sal voortgaan nie. Vroeër, het die African National Congress-woordvoerder Keith Khoza gesê lede van die party het opdrag gekry om nie op die verhoor by Luthuli-huis kommentaar te lewer

Lees verder: Mediastilte oor Malema

DA-Jeug verkoop gemengde seks

Die DA se studenteorganisasie, DASO, het ‘n omstrede veldtog van stapel gestuur met ‘n uitlokkende plakkaat van twee mense van verskillende rasse in ‘n seksueel uitdagende posisie. Dié plakkaat het Maandag ‘n opskudding op sosiale netwerke veroorsaak. Die plakkaat toon ‘n wit man wat ‘n swart vrou omhels met die onderskrif: “Daso, in ons toekoms

Lees verder: DA-Jeug verkoop gemengde seks

Pretoria: Korrupsie vier hoogty

“Die onwettige verkoop van grond in die Wallmansthal gebied is ‘n gevolg van die heersende behuisingsprobleem in die groter Pretoria gebied. Dit is ook ‘n duidelike teken van die Regering se onvermoë om korrupsie en wanbestuur die hok te slaan”, sê Philip van Staden, VF Plus streeksleier in Pretoria. Dit volg nadat dit vorendag gekom

Lees verder: Pretoria: Korrupsie vier hoogty

Die einde van die wêreld

“In ‘n oogwenk kan enigiets gebeur,” sê Patty Tegeler. “En ek glo vas jy moet voorbereid wees.” Tegeler is deel van ‘n groeiende subkultuur van Amerikaners wat na hulself verwys as “preppers.” Sommige word gedryf deur ‘n vrees van ‘n dreigende maatskaplike ineenstorting, ander is bekommerd oor terrorisme, en baie het ‘n vae bekommernis dat

Lees verder: Die einde van die wêreld

PUK-student verdrink

‘n Ondersoek is aan die gang na ‘n voorval by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar ‘n student in ‘n swembad op die kampus verdrink het. Die 19-jarige eerstejaarstudent was ‘n inwoner van die Ratau-manskoshuis. Die voorval het Saterdag na bewering tydens oriëntering gebeur. Die student was vir meganiese ingeneurswese geregistreer. Die eerstejaarstudent het in die

Lees verder: PUK-student verdrink

Malema-appèl skop af

Regsbetoë sal vandag aangehoor word in die geskorste ANC-Jeugligaleier, Julius Malema se appèlaansoek aan die ANC se Nasionale Appèlkomitee teen sy skorsing uit die ANC. Dit sal in Luthuli-huis in Johannesburg plaasvind. Die ANC se appèlkomitee, onder voorsitterskap van Cyril -Ramaphosa, sal besluit hoe lank die verhoor gaan duur. Malema se betoog gaan grootliks daaroor

Lees verder: Malema-appèl skop af

Kernwoelinge, VSA en Japan

Die Amerikaanse vliegdekskip USS Abraham Lincoln het deur die Straat van Hormuz gevaar na die Golf, ten spyte van dreigemente deur Iran, het die media Maandag berig. Die draer is vergesel deur Britse en Franse oorlogskepe toe dit Sondag in die Golf ingevaar het, het die Amerikaanse uitsaaier CNN berig. Die Verenigde State het tans

Lees verder: Kernwoelinge, VSA en Japan

‘Naweek van terreur’ eis byna 200

Minstens 11 mense het Sondag gesterf in nóg aanvalle in die noorde van Nigerië, waarna die dodetal van die naweek minstens 191 is. Bomontploffings kort na mekaar het twee dae vroeër die gebied geruk. Volgens beamptes het gewapende mans twee kerke en ‘n polisie-kontrolepunt Sondag in die dorp Tafawa Balewa geteiken. Dit is nog nie

Lees verder: ‘Naweek van terreur’ eis byna 200