Chaos en verval, nes orde en voorspoed beskik oor hul eie verborge en geheime wette. Die tragiek van die Afrikaner lê in die treurige verhaal van sy Bantoebevolking onder leiding van die ANC wat soos Faust sy siel aan Mephistopheles verkoop het om sy jeugdigheid terug te kry en wat daardie jeugdige krag wil gebruik om ander te vernietig, om sodoende sy eie ondergang te bewerkstellig.
Die ANC is die slagoffer van ‘n kulturele agterstand. Nie vanweë sy volkskunde en bygelowe nie. Die organisasie probeer om die land in ‘n ekonomiese en kulturele eenheid te omskep met die moontlikheid van ‘n politieke eenheid, maar sy denke spruit ‘n voorwetenskaplike tyd, voor die masjien en die elektronika. Toe was hulle wêreld ‘n losse samestelling van stamme, elkeen onafhanklik en min of meer selfversorgend.
Die ANC-leierskap is in staat om te leer maar dikwels nie in staat om dít wat geleer is toe te pas op huidige probleme en konfliksituasies nie. Dit lei tot frustrasie wat weer aanleiding gee tot onoordeelkundigheid en ‘n gebrek aan oplossings vir nuwe situasies. Die uiteinde is dwaasheid en rampspoed.
Enige poging om vir die Afrikaner ‘n oplossing te voorspel, sal aanmatigend wees. Dis genoeg om daarop te wys dat die voortslepende bitterheid van die koue oorlog tussen die ANC en die Afrikaner tot ‘n ander tipe samestelling van die land kan lei. Met al die energie van die ANC gekonsentreer op voorbereiding vir aanval en uitdelging, sal die vrugte van vryheid vir die ANC verlep, verdroog en uiteindelik vergaan. Die gemeenskappe aan beide kante sal besettingsgarnisoene raak wat mekaar haat en onder die beheer van spesialiste in die kuns van geweld sal verkeer. Al wat hulle van openlike konflik sal weerhou, is vrees om die ekonomie van die land wat welvaart skep te verander in ‘n ekonomie om wapens te vervaardig en aan te koop, wat uiteraard welvaart sal knou.
Die ANC se totalitarisme sal opgeskerp word met die ANC wat meer en meer in ‘n despotiese hiëragie van bevel verval met die strukture van die regering wat bloot gebruik word om die besluite van die leiers uit te voer. Die demokrasie in Suid-Afrika word meer en meer militant. Net die kapitaliste floreer omdat hulle die onversadigbare honger van Mars se volgelinge bevredig.
Gedurende hierdie periodes van ondersoek word voorbereiding en toetse gedoen, met skermutselinge tussen onderhandelaars, bygestaan deur strateë op bepaalde geweldsgebiede. Huursoldate word bewapen sonder om die toenemende vermoë vir toekomstige oorlog te laat afneem. Laastens sal een of ander antagonis, soos wat dit nog altyd was aan die begin van state en staatsontwikkelings, eise vir bepaalde magte stel. Die suksesvolle argumente en dreigemente van teenstand met geweld sal die oorsaak van oorlog wees.
Die Afrikaner se stryd is teen homself. Sy verdeeldheid is die struikelblok wat in sy pad lê. Sy teenstaander, die ANC, beskik oor die mannekrag. Hulle stry in ‘n wilderniss van barbaarsheid; die Afrikaner stry in die lig van beskaafdheid. Die Afrikaner wil sy doel bereik deur vrede, die ANC met die swaard. Die Afrikaner maak staat op die bedagte besluite van die gewone burger; die ANC sentreer die besluitenemende mag in ‘n enkele arm van sy hiëragie. Die Afrikaner se instrument van vryheid is vir die ANC verslaafde diensbaarheid aan die party.
Heel aan die begin het die ANC en die Afrikaner verskillende doelwitte nagestreef en die rigting wat hulle wou inslaan, het ook nie ooreengestem nie. Die Afrikaner wou ten alle koste vrede hê, terwyl die ANC vrede as bloot “oorlog met ander middele” gesien het. Trouens, volgens die Pentagon se klassieke definisie van “etniese konflik” behels dit ook wetlike middele en regulasies om die vyandelike groep te ondergrawe en te vernietig, soos regstellende aksie en dergelike maatreëls by ons.
Die groot prestasie van Praag is dat hy besig is om sowel die Afrikaner as vele buitelandse waarnemers se siening van die verhouding tussen die ANC en die Afrikaner te verander van “vrede” wat bereik is na ‘n voortsetting van die konflik “met ander middele” (maar moontlik ook met tradisionele middele?).
Praag lei ons terug na die werklikheid.
Dit maak my bly!
