Korrupsie en die media

Vanuit regeringskringe word dikwels die argument gehoor dat die media swyg oor prestasies van die regering, maar misstappe aan die groot klok hang. Daar is dus verskeie aksies om mediavryheid aan bande te lê.

Pas het die regering aangekondig dat ‘n omvattende ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid gedoen gaan word na miljarde rande in verskeie staatsdepartemente wat voete gekry het, of wanaangewend is. Dit haal wel die voorblaaie, hoewel baie van die media bloot op die deel fokus waar die polisie onder die vergrootglas geplaas word.

Maar … die media berig ook dat die ondersoek volg na kwaai druk deur Cosatu dat lippediens teen korrupsie in dade omgesit moet word.

Daar is van pres. Jacob Zuma se kant ook weinig tekens dat hy optree ooreenkomstig ‘n bevinding van die Openbare Beskermer dat die Minister van Kommunikasie, Siphwe Nyanda, minstens moreel aanspreeklik is vir tenders met Transnet waarby hy baat gevind het. In enige noemenswaardige demokrasie sou Nyanda minstens op ys geplaas gewees het terwyl ‘n ondersoek die kwessie tot op die been oopvlek.

Die regering se reaksie is egter om eerder ‘n mediatribunaal in die vooruitsig te stel, en wetgewing deur te voer wat die vrye vloei van inligting kan beperk.

Vandag kom die nuus dat die Open Society Foundation die regering maar 4,1 uit tien vir die verskaffing van inligting gee, en die publiek se toegang tot inligting 4,4 uit tien.

Na ‘n stadige wegspring by die wêreldmedia oor die jongste mediaverwikkelinge in Suid-Afrika, het die Internasionale Persinstituut nou ook sy stem dik gemaak. Onlangs het Freedom House Suid-Afrika reeds die land afgegradeer tot een waar die media net gedeeltelik vry is.

As die regering die regte dinge doen, en sy mediakommunikasie op ‘n aanvaarbare standaard bring, sal dit ook meer positiewe media-aandag geniet. Om die media volledig te reguleer soos wat Julius Malema se voortgesette revolusie vereis, gaan van Suid-Afrika ‘n muishondland maak.

сауна домаФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae