‘n Bruin rugbyspeler van die Noord-Vrystaatse rugbyunie is in Welkom in die hof vir seksuele misdrywe aan ‘n seksdaad met ‘n minderjarige meisie skuldig bevind, berig die Volksblad.
Jobrey Fortuin (23), wat tans vir Welkom Polisie speel, het op 11 April 2009 met die 12-jarige kind seks gehad nadat hy haar daarvoor gevra en sy ingestem het.
Die kind se suster het hulle op heter daad in die huis in Bronville betrap en haar tannie daarvan vertel.
Lees meer.
