‘n Bruin man van Kaapstad het Dinsdag in die landdroshof in Wynberg verskyn nadat hy glo seks gehad het met sy buurman se poedel.
IOL het Woensdag berig dat Anthony Julies, 47, van Lavender Hills glo in Junie seksuele omgang gehad het met sy buurman se hond.
Ooggetuies meen die man was waarskynlik onder die invloed van dwelms.
Na bewering het Julies se buurman op hom afgekom terwyl hy met die hond doenig was. Julies het egter voortgegaan ten spyte van sy buurman se versoeke om die dier vry te laat.
Julies het glo aan die polisie gesê dat die hond hom uitgelok om seks te hê.
Die dier het ernstige beserings opgedoen en moes glo behandel word.
Julies is op borgtog van R500 vrygelaat.
