Elf mense, onder wie vyf Suid-Afrikaners, is in geweld in die Kya-Sandsplakkerskamp beseer in voorvalle van xenofobiese geweld.
Die polisie het twaalf verdagtes in hegtenis geneem. Die weermag en die polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag in die gebied.
Die Gautengse LUR vir Plaaslike regering en behuising, Kgaogelo Lekgoro sê egter klein misdadigers is verantwoordelik vir berigte van geweld in die plakkerskamp, noord van Johannesburg.
Lekgoro glo die aanvalle is nie deur xenofobie aangeblaas nie. Vroeër het sy ampsgenoot vir Gemeenskapsveiligheid, Khabisi Mosunkutu gesê die offisiere sal die gebied bly patrolleer totdat gewelddadige skares heeltemal bedaar het.
