Taalsnobisme lei tot die dood

Image

Jean Monnet-hospitaal

Taalsnobisme kan tot die dood lei. Dit is die afleiding wat die linkse dagblad, Libération, verlede week gemaak het nadat dit aan die lig gekom het dat honderde kankerpasiënte oor ‘n lang tydperk aan dodelike hoeveelhede bestraling blootgestel is in die Jean-Monnet-hospitaal in Epinal, Frankryk.

Gesondheidsminister Roselyne Bachelot het 4 500 pasiënte gevra om aan te meld by haar departement nadat 700 mense die verkeerde dosis bestraling ontvang het. Vyf mense is reeds oorlede as gevolg daarvan en honderde het ernstige inwendige skade opgedoen. Die fout het gekom omdat die personeel blykbaar nie die Engelse aanwysings behoorlik verstaan het nie en nie die moed gehad het om dit te erken nie.

Taalsnobs is toenemend ‘n probleem in die werkplek en die twee vernaamste vakbonde in Frankryk het hulself uitgespreek teen die gebruik van Engels omdat dit nie alleen diskriminerend is nie, maar ook onnodig. Taalkundiges soos Claude Hagège voel dat Engels heeltemal kontraproduktief is.

Die wet wat daarvoor sorg dat die Franse taal nie in amptelike kommunikasie en advertensies verdring word deur die "killer language", Engels, nie, heet die Toubon-wet. Dit is vernoem na die Franse minister Jacques Toubon, wat tussen 1993 en 1995 as kultuurminister gedien het. Die veelbesproke wet dateer van 1994. Daar word soms spottenderwys deur anglofiele na die eertydse minister verwys as "mnr. Allesgoed" omdat "tout bon" uit Frans vertaal "alles goed" beteken.

Twee onlangse hofsake wat in die guns van Frans beslis is danksy die wet, het tot gevolg gehad dat die taal in sekere omgewings ten minste weer in ere herstel is. ‘n Versekeringsmaatskappy, Europe Assistance, is deur die hof van Nanterre genoop om hul rekenaarprogrammatuur binne ‘n baie kort tydperk in Frans aan hul personeel beskikbaar te stel. ‘n Boete van 5 000 euro per dag is aan EA opgelê vir elke dag wat hulle laat is met die vertaling uit Engels na Frans.

Muriel Tardito van die CFTC-vakbond sê glimlaggend dat "almal skielik Frans geword het" ná die uitspraak. "Almal het opgelet na woordgebruik en interne dokumente het skielik vir werknemers verstaanbaar geraak." Voorheen het almal probeer om Engels te gebruik en die atmosfeer is bederf deur die "waansinnige aandrang." Uitdrukkings wat elkeen op die lippe gehad het om slimmer as ‘n kollega te probeer klink soos back up, asap en for your information word deesdae gelukkig nie meer gehoor nie.

EA het nie teen die uitspraak geappelleer nie. En met rede want in 2006 het die hof van Versailles die maatskappy General Electric Medical Systems ‘n boete van 580 000 euro opgelê omdat hul handleidings net in Engels beskikbaar was.

конструкторы купить киевлобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae