VF+ verstom oor Xingwana se onverantwoordelikheid

Image

Lulu Xingwana

Al meer twyfel begin in landbougeledere ontstaan oor die toerekeningsvatbaarheid van die minister van Landbou, me. Lulu Xingwana.

Die VF Plus se woordvoerder oor Landbou en Grondsake, mnr. Werner Weber, het in reaksie gesê haar stelling, volgens mediaberigte, dat daar sedert 1985 agt miljoen mense van plase afgesit is, is so verregaande dat gepaste kommentaar daarop uiters problematies geword het. “Indien me. Xingwana se syfers korrek was, sou elke enkele boer in Suid-Afrika meer as 130 werkers van hulle plase moes afgesit het. Gemiddeld was daar nooit meer as 20 werkers op tipiese Suid-Afrikaanse plase nie. Daar was selfs in die hoogtepunt-jare van Suid-Afrikaanse landbou nooit meer as 2 miljoen werkers op Suid-Afrikaanse plase nie. Xingwana se syfers is dus net so buitensporig soos die res van haar aansprake”, het Weber gesê.

Haar en haar adjunkminister se verdere dreigement dat boereplase onteien gaan word as mense van plase afgesit word, bring ‘n heel nuwe dimensie in ons regstelsel na vore.

“Die Minister, gesteun deur haar adjunkminister, adv. Dirk du Toit, wil arbitrêr regter speel en buitensporige straf toemeet in gevalle van beweerde plaas-afsettings. Ons moet onthou, hierdie mense sit in die kabinet van ‘n hoogs ontwikkelde staat. Ek staan verstom oor die onverantwoordelikheid van hulle optrede”, het mnr. Weber gesê.

мультики трансформерлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae