Oranje-meisies vas

Fifa se handelsmerk-polisie het 36 Nederlandse vroue wat die wedstryd tussen Nederland en Denemarke bygewoon het, vir sowat drie ure ondervra oor die uitrustings wat hulle aangehad het, het The Star Dinsdag berig.

Die nousluitende, oranje mini-rokkies, bekend as “Dietse-rok”, was deel van ‘n geskenkpakkie wat saam met Bavaria bier in Nederland uitgedeel is in opbou tot die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

“Die polisie het gekom en ons aanhoudend uitgevra. Hulle het heeltyd dieselfde vrae aan ons gestel en wou weet of ons vir Bavaria werk,” het Barbara Kastein, ‘n toeris wat die wedstryd tussen Nederland en Denemarke bygewoon het, gesê.

“Hulle het gesê ons doen onwettige bemarking en dit is teen die wet in Suid-Afrika. Hulle het gedreig dat ons in hegtenis geneem sal word en ses maande in die tronk sal sit. Van die meisies het begin huil. Dit was regtig aaklig,” het Kastein gesê.

Volgens Peer Swinkels, woordvoerder vir Bavaria, was daar geen handelsmerke op die oranje rokkies wat die vroue aangehad het nie. Dit is egter algemene kennis dat hierdie uitrustings deel is van Bavaria se handelsmerk.

Fifa probeer ooglopend hul eie borg Budweiser beskerm. Heineken is erg gefrustreerd dat die oranje so gewild in Nederland is

“Fifa besit nie ‘n monopolie op die kleur oranje nie,” het Swinkels gesê.

Fifa het gesê dat niemand in hegtenis geneem is tydens die voorval nie, maar hulle oorweeg regsstappe teen die vroue.

реглан школьный для девочкиЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae