Sekhu het vir hom tee gemaak en hom in die sitkamer op die bank voor die TV getrakteer met die baba op haar skoot. Machaba, ‘n Mosambieker, was voorheen deel van ‘n span bouers wat by die Krugers gewerk het.
Toe Madelein Kruger, of juffrou Madelein soos die leerlinge by Randburg Hoërskool haar ken, tuis opdaag, het sy haar kind in ‘n bloedplas op die vloer aangetref.
Die bediende, wat liggies aangerand is, beweer sy maak nie hek vir enige persoon oop nie, maar dat Machaba ‘n vriend was. Dit is egter duidelik dat haar optrede teen die wil van haar werkgewer geskied het, aangesien sy Machaba gevra het om te loop voordat Kruger terugkom en hom daar aantref.
Machaba se gewelddadige optrede was glo die gevolg van ‘n jaloerse bevlieging nadat Franscina hom vertel het van ‘n medelid van sy bouspan wat romanties in haar belanggestel het.
Machaba is steeds soek. Die polisie het gemaan dat hy buitengewoon gewelddadig is. Hy is glo bekend in Soweto en Alexandra.
