Vervalste geld verdien respek

Ek het onlangs ‘n ongewone respekte vir vervalste geld gekry.

Of liewer, die vervalste geld wat die Nigeriërs in Blikoorland vervaardig.

Dit volg nadat iemand op die boeremark met  R200-note betaal het. Daar is redelik gou agtergekom dis vervalste geld. Hoe?

Die vervalsers het die fout gemaak om van ‘n ou voorbeeld af te werk wat nog Afrikaans opgehad het.

En nee, moenie nou al die geld met Afrikaans op gaan weggooi nie. Daar is nog ouer geld in omloop wat wél Afrikaans op het.

Die nuwe R100-note het nie meer Afrikaans op nie. By mies Ghiel se handtekening staan nou net “Governor”, en nie meer “Governor” vir Engels, en daaronder “President” vir Afrikaans nie.

Maar, sien ek toe ek ‘n nuwe R100-noot, ‘n ongewone item in die Ore se  huishouding, bestudeer, dit het wel twee ander tale op wat glo in daardie tale “Reserwebank” beteken.

“K&^%taal” praat ‘n vriend boos in Dozi’s vir wie ek dit wys.”

En so breek die dag toe gouer aan waar regte geld minder werd geword het as die vervalste, want laasgenoemde gee darem erkenning aan die skoonste taal.

Nou word verneem die boeremark is nie meer op die hoek van Bankovsboulevard en Boerneefstraat nie, maar op die hoek van Bank of Nigeria Boulevard en Boereverneukstraat.

So erg gaan dit ‘n mens kan nou maklik kleingeld vir R70-note kry. Gewoonlik word die kleingeld uitgekeer in R30- en R40-note.

Of anders gestel: Een Ora is gelykstaande aan ‘n kruiwavrag vol regte R200-nota, en 200 Ora is omtrent dubbel die vervalste R200-note werd – mits die vervalste weergawe nog Afrikaans op het.

En ek wonder of versamelaars nou weet as hulle Suid-Afrikaanse geld met Afrikaans op kry moet hulle dit maar vashou – dit gaan versamelaarswaarde hê as dit dit nie reeds het nie.

best businesses on instagramлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae