Soos die Eskom-verhoging is hierdie verhoging te wyte daaraan dat die regering nie vooruit beplan het om Suid-Afrika se energiebehoeftes onafhanklik van die buiteland te maak nie. Daarom sal die regering dringend moet aandag gee aan ‘n holistiese energieplan vir Suid-Afrika wat ook die petrol- en dieselbehoeftes indringend sal aanspreek. Die verswakkende rand wat petrol en diesel duurder maak, moet op ‘n wyse uit die formule gehaal word en dit beteken dat ons na onsself vir antwoorde moet kyk.
Trouens, president Obama het sopas die groen lig gegee vir olie-prospektering en verwerking in Amerikaanse gebiede wat voorheen as verbode beskou is. Suid-Afrika moet insgelyks homself loswikkel van Midde-Oosterse afhanklikheid en die antwoorde binnelands begin soek. Die VF Plus sal ‘n voorstel in die verband aan president Zuma en die Beplanningskommissie indien sodat die land se behoeftes behoorlike aangespreek kan word.
