Noluthando Vavi, die vrou van Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, word glo R60 000 per maand betaal om finansiële produkte aan vakbondlede te bemark.
Die maatskappy vir wie sy optree is so gretig om die ooreenkoms geheim te hou, dat hulle die Mail&Guardian omkoopgeld van R120 000 aangebied het om nie die berig te plaas nie.
Veon Bock, uitvoerende hoof van Southern Africa Quantum, het verlede Sondag ‘n omkoopbedrag van R40 000 aan Mail&Guardian betaal en het beloof om die res van die geld teen einde April te betaal.
Die Mail&Guardian het die transaksie op kamera afgeneem en het die geld aan hul prokureurs oorhandig.
Bock het vroeër gesê hy sal “enigiets doen” om te verhoed dat die berig gepubliseer word.
Bankrekords en kontrakte tussen Noluthando Vavi en SA Quantum toon dat sy maandeliks R60 000 betaal word en 5% van kommissie op verkope verdien.
Volgens Bock is sy ingespan om SA Quantum se produkte wat pensioen en ander personeelvoordele insluit, aan werkersvakbonde, veral Cosatu-afgevaardigdes, te bemark.
