Blouligbende skiet sakeman

‘n Johannesburgse sakeman is na bewering deur ‘n ‘blouligbende’ na ‘n donker steeg gelok en daar dood, met ‘n enkele skietwond in die kop, gelaat.

Kapt. Cynthia Magoai het gesê Peter Granat (54) is Maandagaand in Parkwood doodgeskiet deur rowers wat vals blouligte gebruik het om die polisie na te boots.

Sy lyk is langs sy Toyota Land Cruiser gevind.

“Op die oomblik is dit die enigste voorval in die Parkwood-gebied waar vals blouligte in rooftogte gebruik is,” het Magoai gesê.

Sy het gesê die polisie ondersoek die saak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

The Star het Woensdag berig dat Granat na ‘n donker steeg tussen Bolton- en Wellsstraat gelok is, waar hy een keer in die kop geskiet is.

Dié koerant het ook berig dat talle kapings in Sandton, Randburg, Douglasdale en Midrand uitgevoer word deur bendes wat in ongemerkte motors met ‘n bloulig op die paneelbord ry.

Granat was die besturende direkteur van Autozone.

win money online for free ukФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae