Misdaadkoers veroorsaak sterftes deur polisie

Die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD) het Donderdag gesê die toename in die getal mense wat deur polisielede doodgeskiet is, kan nie toegeskryf word aan enige “skiet-om-dood-te-skiet”-uitsprake nie, maar weens ‘n toename in geweldsmisdade.

Die media wat die toename in die getal mense wat deur polisielede doodgeskiet is aan die “skiet- om-dood-te-skiet”-uitsprake verbind het, is verkeerd, het Moses Dlamini, die woordvoerder van die OKD gesê.

“Dié sogenaamde verband word egter nie deur feite gesteun nie. Die toename kan eerder aan die toename in geweldsmisdade in die land toegeskryf word.

Volgens die media het die polisie sowat 556 mense in 2008 en 2009 gedood. Die statistiek is deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) bekend gemaak.

Die aantal is vergelyk met die hoeveelheid mense, naamlik 420, wat in 2007 en 2008 doodgeskiet is.

Dlamini het gesê die OKD het nog geen nuwe statistieke sedert Oktober 2009 bekend gemaak nie.

“Daar is geen verwysing in daardie verslag na enige “skiet-om-dood-te-skiet” – beleid nie. Die getalle wat deur die media bekend gemaak is, is aan ‘n werkswinkel deur ‘n bekende navorser, David Bruce bekendgestel en dié getalle was al bekend sedert die vrystelling van die jaarverslag verlede jaar.

Hy het gesê die verslag kan nie aan sterftes veroorsaak deur die polisie of verklarings wat deur politici gemaak is, toegeskryf word nie.

casino gamesлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae