VF+ verwelkom nasionale taalwet

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die uitspraak van die Pretoria Hooggeregshof waarin die regering gelas word om binne twee jaar sy grondwetlike plig na te kom in terme van die daarstelling van regulasies wat die gebruik van amptelike tale vasstel. Dit dien as baken vir die bevordering van die regverdige hantering van amptelike tale in Suid-Afrika,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kuns en Kultuur, gesê in reaksie op die uitspraak van regter Du Plessis.

“Die party wens mnr. Cerneels Lourens geluk met sy aansoek waarin hy die hof versoek het om die regering te dwing om ‘n nasionale taalwet op te stel. Die party vind dit egter jammerlik dat die hof nie die regering gelas het om ‘n nasionale taalwet op te stel nie, maar slegs bepaal het dat die regering sy grondwetlike plig moet nakom en reëls vasstel wat die gebruik van tale reguleer en monitor. Die verpligting wat die hof op die regering plaas is egter ‘n groot stap om te verseker dat alle tale gelyke behandeling kry,” het adv. Alberts bygevoeg.

“Die VF Plus gaan die regering monitor om te verseker dat die regering sy verpligting soos vervat in art. 6(4) van die Grondwet, wat die regering tot op hede geïgnoreer het, voortaan na te kom. Die party sal die regering voortdurend herinner om die nodige stappe te neem in terme van die hofbevel om veeltaligheid in die staatsdiens te verseker. Die party sal ook sy veldtog deur middel van parlementêre vrae en gesprekke met die ANC-regering voortsit om die regering te dwing om ‘n nasionale taalwet op te stel.”

ультразвуковая чистка или air flowФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae