Afrikanerorganisasies

Daar word deesdae heelwat debatte gevoer oor die verskeie Afrikanerorganisasies en die sake waarmee hulle hulself besig hou. Heelwat kritiek word ook gelewer teenoor die organisasies en ek dink dit is tyd dat dinge in perspektief gestel word.

‘n Organisasie is soos ‘n stuk gereedskap. Hy word geskep vir ‘n sekere doel, en verrig dan ‘n take om daardie doel te bereik. Geen bestaande groot organisasie gaan die ‘draad en tang’ oplossing vir al die Afrikaner se probleme wees nie.

Solidariteit doen baie goeie werk vir ons Afrikaners. Hulle is ‘n vakbond, en staan hulle lede by deur die werkgewers hof toe te sleep as hulle onregverdig optree. Dit is ‘n baie belangrike funksie, en bitter nodig vir ‘n minderheidsgroep soos die Afrikaner. Hulle gee hulp aan arm en werklose Afrikaners wat ook uitstekend is, asook opleiding ens.

Afriforum is ‘n inisiatief van Solidariteit om die minderheids en siviele regte van die Afrikaner te beskerm ens. Ek sien dit as hulle uitreiking na die Afrikaners wat nie aan ‘n vakbond behoort nie.

Die Vryheidsfront+ verteenwoordig die Afrikaner op plaaslike en nasionale regeringsvlakke. Dit is ‘n baie belangrike taak wat hulle verrig. Indien hulle nie daar was nie, sou dit baie slegter met ons gegaan het as wat dit nou gaan.

Die Landbou Unie staan boere by met grondeise, beveiliging en onderhandel vir hulp in tye van droogte en rampe ens.

Al die bogenoemde (en ander) organisasies is daarop gefokus om die Afrikaner se regte binne die verband van die Nuwe Suid-Afrika te beskerm. Dit het egter nodig geword vir die Afrikaner om sy voortbestaan te verseker deur buite die verband van die NSA sy eie grondgebied af te baken en te beset.

Nadat ek mooi daaroor gaan dink het, het ek besef dat nie een van die huidige groot Afrikanerorganisasies hulle werk nou kan neersit en begin fokus op die nuwe grondgebied en volkstaat nie. Die voltydse werk wat hulle doen is te belangrik om tersyde te stel. Hulle funksie is om vandag te doen wat hulle kan vir die Afrikaner. Hulle is ook nie gerat om die Afrikaner na die volgende vlak te neem nie.

Dit is egter waar die VVK inkom. Dit is ‘n nuwe organisasie met ‘n nuwe doel wat nou op die regte tyd geskep is en die ondersteuning van die volk geniet. Die Volksraad is (hopelik) die begin van die Afrikanerowerheid wat nodig is om namens die Afrikaner op ‘n Internasionale vlak te beding. Dit is die demokraties verkiesde leiers wat ons volk uit Egipte (NSA) moet lei na die beloofde land (Volkstaat).

Daarom kan julle maar gerus die Afrikanerorganisasies ondersteun. Hulle hou baie Afrikanergesinne aan die lewe, beskerm hulle grond en sit brieke aan die buite-beheer soustrein wat op die afgrond afpyl. Hulle kan egter nie ons hoofprobleem oplos nie, en daarom moet ons almal die VVK ondersteun. Die VVK is geskep vir die doel om ons eie grondgebied ‘n werklikheid te maak.

насосное оборудование купитьАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae