President Barack Obama is deur sy persoonlike geneesheer aangeraai om minder alkohol in te neem.
Hy is ook gevra om sy rookgewoonte te laat vaar en daar is aan hom voorgestel dat hy nikotienkougom gebruik om sigarette te vervang.
Die Amerikaanse leier se cholesterol is ook glo te hoog
Obama, 48, het Sondag die National Naval Medical Center in Bethesda, Maryland besoek vir ‘n mediese ondersoek van 90 minute.
‘n Span medici onder leiding van dr. Jeffrey Kuhlman, het die eerste swart president ondersoek en hom gesond vir sy taak verklaar.
Obama het verlede Junie aan die media gesê hy het opgehou rook. maar dit was blykbaar nie die geval nie.
