Rassespanning heers op Amerikaanse kampus

Rassisme vier glo hoogty by die Universiteit van Kalifornië in San Diego en die atmosfeer op die kampus is gespanne nadat wit studente die spot gedryf het met Swart Geskiedenis.

Ontstoke swart studente het verlede week uit ‘n vergadering met die administrasie geloop omdat die universiteit nie strenger wou optree teen wat hulle as wit rassiste bestempel nie.

Hulle eis om deel te wees van die besluitnemingsproses wat oplossings wil vind om rassisme op die kampus aan te spreek.

Swart studente eis meer beurse vir voornemende swart studente asook ‘n veldtog om meer swart studente na die kampus te lok.

Die universiteitsowerhede het voorgestel dat studente self hulle afvaardiging kies om deel te neem aan die mediasieproses, maar die swart studente kla dat dié meganisme ‘n “verdelende” rol sal speel.

Aktivisme, optogte, stakings en protes word voorts in die vooruitsig gestel teen die begroting wat op 4 Maart angekondig sal word.

Die ongelukkigheid spruit voort uit ‘n partytjie wat deur ‘n wit studentegroep gereël is. Simpatiekgesinde departemente het klasse gekanselleer sodat studente aan die protes kon deelneem.

Die veelbesproke en omstrede partytjie het nie op die kampus self plaasgevind nie en is deur die PIKE-studentevereniging elders gehou.

Die geselligheid getiteld die “Compton Cookout” het op 15 Februarie plaasgevind om die spot te dryf met Swart Geskiedenis Maand, oftewel .Black History Month

Daarna het die studentekoerant, die Koala, ook die spot met die swart studente gedryf en die betogers ” “ungrateful niggers, “dumb” en “ghetto” genoem.

Die swart studente-unie, die BSU, het dadelik ‘n noodtoestand op die kampus afgekondig. Toe die betogers by die uitsaaistasie van Koala-TV opdaag om die kasset met die rassistiese inhoud op te eis, het hulle ‘n nota gevind met die woorde “Compton Lynching” daarop geskryf.

Slagspreuke soos  “Real pain, real action,” en “Hey hey, ho ho, racism has got to go,” asook “We’re fired up! Can’t take it no more,” het tydens die optog weerklink.

Die swart studente was dit eens dat strukturele veranderinge in die instelling moet plaasvind en het die oproep van die universiteit dat alle studente verdraagsaam moet optree, verwerp.

Alhoewel die bevolking van San Diego 6% swart is, is slegs 1,3% van die UCSD-kampus swart.

 

сделать освещение в магазинеФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae