Fatsoenlikheid

Gewoonlik is ek, Blik Oor, maar swygsaam nadat die Cheetahs se sterte geknoop is. Maar iets moet darem nou die aandag van rugby en krieket (eina!) aftrek.

Die ongelukkigheid oor Afriforum en Solidariteit wat in sekere kringe meer geduld word as ander organisasies wat pro-Afrikaans is, se antwoord is eintlik baie eenvoudig – die mate waarin Afrikaners via daardie organisasies as fatsoenlik beskou word. Van die vroegste opgetekende geskiedenis word na fatsoenlikheid as van die Afrikaner se grootste deugde beskryf, soos ‘n nasaat op die internet na sy voorouer, Paul Kruger as “stoere, edele, patriotiese en fatsoenlike Oom Paul Kruger” verwys.

Fatsoenlik is ook die woord wat dikwels rondom oud-pres. M.T Steyn en die Tweede Afrikaanse Taalbeweging gebruik word.

Nie alle Afrikaners was seker ewe fatsoenlik nie, maar die persepsie eerder as die realiteit tel immers gereeld.

En dit is ‘n persepsie wat Afriforum en Solidariteit probeer handhaaf.

Volgens MWeb se eertydse blogmeester is blogs per definisie die plek waar mense (onder skuilname) hul monde sonder diskresie uitspoel, en omdat hulle agter “die reg op privaatheid” kan skuil, taamlik verregaande kan raak en wegkom met ‘n vry sê oor ander. Daarom dat ek, Blik Oor, nooit van ‘n skuilnaam gebruik sal maak nie.

Wêreldwyd is regerings maar omtrent net so ongelukkig met joernaliste wat volgens die regering “onfatsoenlik” optree as met mense wat die internet vir “onfatsoenlikhede” inspan. Op die oomblik is daar 200 joernaliste in aanhouding, teenoor 120 “kuberdissidente.”

Nou voordat Jors Troelie bietjie lat inlê, laat dit nooit gesê word dat ou Blik nie groot genoeg om jammer te sê nie.

Jammer ou Riempies, dat ek die hoë Doppers so gelys het wat anderkant die draad gaan kuier het. Die bedoeling was beslis nie om ‘n kerk by te sleep nie. Sien, ou Blik sal in die reël nie draak steek met iets wat nie ook sy eie is nie, en vir ‘n oomBlik het dit my ontgaan dat ek nie meer ‘n Dopper is nie nadat tot baie onlangs self ‘n dekadeslange Dopper was. Dis nou van die faksie wat Cloete-omdigtings sing, wat Nagmaal in die banke gebruik, waar vrouediakens ‘n algemene gebruik is, wat die sinode se standpunt oor Deïstiese evolusie steun en lippie trek omdat vroue-ouderlinge nie goedgekeur is nie. Eerder as om dolerend te word is die Blikke toe na ‘n ander susterkerk toe.

En ja, destyds het ek ook die kwessie oor die hoës se sekskapades formeel met die kerk opgeneem en selfs ‘n brief van die ouderling gekry. Ek kan dus bevestig, hoë Doppers wat so anderkant die draad wei, dra nie die kerk se goedkeuring weg nie.

En as ‘n mens mooi dink, die vier hoës wat gelys was, maak maar ‘n druppel aan die emmer uit as die hele kerkverband in Brandy & Cokepark (ou Ellispark) sou saamtrek.

Ek sal dus voortaan ons voorsate, presidente Kruger en Steyn, probeer nadoen met fatsoenlikheid.

Maar gaan kyk met ‘n oop gemoed na sommige van die skuilnaam-insetsels op internetartikels. Baie van hierdie insetsels is hoogs intellektuele werk, maar word ontdaan deur net ‘n bietjie te onfatsoenlik in onverdraagsaamheid te wees. Om nou sommer Riempies se klagte oor die Dopperkerk te gebruik om die susterkerke as “preAdamisties” en vertakkings van die Rooms-Katolieke Kerk af te maak, byvoorbeeld. Na Jors Troelie se wete is dit omtrent net die Armeense Kerk en kerke uit die Koptiese tradisie wat nie iewers terug na die Roomse Kerk herlei kan word nie.

En nee, ek gebruik ook nie Adam en Eva se kinders om verwantskappe te bepaal nie – nie terwyl daar iets soos DNA-toetse hiervoor beskikbaar is nie.

Olie oupa-grootjie, wat saam met sy vrou Bittereinders was, was met die rebellie glad nie lekker met sommige van die rebelle nie. In die oorlog, toe daar geveg moes word, het van hulle hul maar skaars gemaak. Toe die koeël deur die kerk is, toe is hulle bakleilustig.

Wat die internetgebruikers, ook op Naspers se webblaaie, betref glo ek die Afrikaners het “voldoende konsensus” dat FW drooggemaak het. Ek is self die BlikOorsem in. Kom dit by die pad vorentoe, dan is konsensus min of meer afwesig. Heel duidelik is daar ‘n groot deel van die deelnemers wat meen van die ander gaan darem heel te wyd met fatsoenlikheid om.

Natuurlik verdien Zuma en Malema en ander ook slae, maar dan darem ‘n fatsoenlike drag slae.

best online casinosАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae