‘n Italiaanse televisiekanaal het om verskoning gevra nadat ‘n TV-aanbiedster David Beckham speels tussen die bene probeer gryp het.
David Beckham van AC Milan het hom sigbaar vervies toe Elana Di Ciocciona na sy privaatdele gryp ten tye van ‘n onderhoud met met ‘n ander joernalis.
Elana Di Ciocciona is die gasvrou van die populêre TV program, “Le Lene” (Die Hïenas).
Na die voorval het veilgheidspersoneel onmiddelik vir Beckham na sy hotel begelei.
Beckham se woordvoerder het egter later gesê dat dit “nie ‘n kwessie is” vir Beckham nie en dat hy die gryppoging vir die grap sien vir wat dit was.
