Megakerk samel miljoene in

‘n Pastoor se beroep op sy megakerk se gemeente om die kerk se nadelige banksaldo van bykans R6 miljoen om te keer, het gelei tot ‘n somtotaal van meer as R17 miljoen se donasies.

Pastoor Rick Warren sê die geld is Oujaarsaand ingesamel nadat hy ‘n beroep op die kerk se webblad geplaas het.

Die geld is egter alles in kontant betaal en nie elektronies nie.

Hy het bygevoeg dat daar steeds geld inkom.

Mense lewer persoonlik geld af en stuur ook donasies per pos.

Blykbaar was dit slegs lede van die megakerk wat geld gegee het en meeste van die donasies was onder ‘n honderd dollar elk.

“Ons begin die jaar in oorvloed,” het hy gesê.

“Dit kom van gewone mense af, nie net van een ryke nie.”

“Met 10% van ons gemeente wat hul werk in die resessie verloor het, het die kerk se uitgawes vermeerder terwyl ons inkomste stilgestaan het.” het Pastoor Rick Warren op die webblad geskryf.

Hy het ook duidelik melding gemaak van waarvoor die donasies gebruik sal word.

Pastoor Rick Warren is die skrywer van die gewilde boek “A Purpose Driven Life”.

купить свитер мальчику 8 летtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae