2 500 dronkbestuurders reeds vas

Altesaam 2 500 dronkbestuurders is lsedert 1 Desember landswyd in hegtenis geneem as deel van ‘n padveiligheidsveldtog, het die departement van vervoer Maandag gesê.

“Ten minste ‘n miljoen voertuie en bestuurders sal tussen Desember en Januarie afgetrek word nie,” het woordvoerder Logan Maistry in ‘n verklaring gesê.

Sowat 450 000 voertuie is reeds hierdie maand afgetrek en ondersoek.

Nog ongeveer 150 motoriste is in hegtenis geneem vir roekelose of nalatige bestuur en 1 000 vir die bestuur van onpadwaardige voertuie.

“Meer as 250 000 motoriste is beboet vir spoedoortredings. Duisende is ook beboet omdat hulle nie hul veiligheidsgordels aangehad het nie.”

Volgens voorlopige verslae is 619 mense dood – 169 bestuurders, 242 passasiers en 208 voetgangers – in 478 noodlottige ongelukke op die land se paaie tussen 1 en 20 Desember.

Sibusiso Ndebele, die minister van vervoer, het padgebruikers gewaarsku om die reëls na te kom.

“Ons wil padgebruikers waarsku om alle padreëls te gehoorsaam of om die gevolge van hul optrede te dra. Ons vra ook dat elke Suid-Afrikaner saamwerk met die regering om families die ontydige trauma van padsterftes te spaar.”

 

best slots toЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae