‘n Amerikaanse federale grootjurie in Pennsylvanië het gister vier mans formeel vir ‘n beweerde komplot om die Libanese terroristegroep, Hezbollah, deur onwettige planne van meer as ‘n duisend masjiengewere te voorsien.
Die klag kom net ‘n dag nadat ander amptenare in Philadelphia gesê het dat hulle ‘n soortgelyke komplot om lugafweermissiele te bekom en na Sirië te stuur, gefnuik het, hoewel owerhede in dié saak nog nie sover gegaan het om enige iemand daarvan te beskuldig dat hulle ‘n spesifieke terreurgroep probeer help het nie. Hezbollah, ‘n Sjiïtiese organisasie in Libanon is op die VSA se lys van terreurorganisasies.
Die aanklag wat gister aanhangig gemaak is beweer dat die twee verdagtes probeer het om ongeveer 1,200 Colt M4 masjiengewere aan Hezbollah te verskaf, maar hulle pogings is deur ‘n operateur onder die dekmantel gefnuik. Die samesweerders het na bewering gepoog om die wapens in Philadelphia te koop en na ‘n hawe in Sirië te verskeep vanwaar hulle uiteindelik met ‘n ompad na Hezbollah sou gaan.
Die aanklag is ook teen agt ander persone vir minder ernstige misdrywe wat verband hou met die vervoer van gesteelde of vervalsde goedere.
Die owerhede sê daar is altesaam 13 verdagtes in aanhouding en 11 word nog gesoek.
Hezbollah wat in 1982 gestig is, het berugtheid in die Weste verwerf toe dit verbind was met die ontvoering van Westerse gyselaars en ‘n reeks bomontploffings teen Westerse teikens.
Hezbollah tree hoofsaaklik op ter wille van Libanon se 1,2-miljoen Sjiïtiese Moslems, die land se grootste enkele sekte.
Hezbollah het oor die jare gegroei tot waar hulle ‘n netwerk van belange bedryf – klinieke, skole, ‘n TV-stasie en ‘n weeklikse koerant.
