Skenkers waarsku oor hulp aan korrupte Tanzanië

Skenkers het Tanzanië, wat van internasionale skenkings afhanklik is, gister gewaarsku dat stygende korrupsie en swak verantwoording volgende jaar se skenkings aan die land in die gedrang bring.

In die fiskale jaar tot Junie 2010, word 11,4 persent van Tanzanië se begroting, of $831-miljoen regstreeks deur ‘n poel van 14 donateurs bygedra. Dit is onder die hoogste per capita bydra wat deur Afrika-lande ontvang word.

Maar toenemende kommer oor die regering se swak bestuur, ekonomiese beleid en versuim om by ooreenkomste te bly het skenkers daartoe gelei om die afgelope paar jaar minder by te dra as wat hulle onderneem het.

“Swak openbare finansiële bestuur, sowel as korrupsie gaan voort om ekonomiese en sosiale vooruitgang te knelter,” het Pieter Dorst, medevoorsitter van die Ontwikkelingsvennotegroep, tydens ‘n jaarlikse beleidsvergadering met ministers, skenkers en gemeenskapsleiers gesê.

Nederland weerhou tans 30-miljoen euros in algemene begrotingsondersteuning tydens hierdie finansiële jaar.

“My minister het vertroue in die regering van Tanzanië se implementering van beleid verloor,” het hy gesê.

Die toerismeafhanklike land se ekonomie het met ‘n jaarlikse gemiddeld van sewe persent gegroei in die jare van 2001 tot 2008 en tog het armoedvlakke in die land van 40-miljoen skaars gedaal, sê Dorst.

 

детский сайтылобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae