Seerowers val dieselfde skip tweede keer aan

‘n Vraghouerskip wat vroeër vanjaar in die middelpunt van ‘n gyselaarsdrama was, het ter noue nood daaraan ontsnap om gister vir ‘n tweede keer deur seerowers gekaap te word, het die Europese Unie se anti-seerowermissie aan die kus van Somalië gesê.

Die EU se NAVFOR het in ‘n verklaring gesê die Deense Maersk Alabama wat onder ‘n Amerikaanse vlag vaar, het onder ‘n aanval deurgeloop omtrent 650 kilometer van die kus van Somalië af.

In April het Amerikaanse vlootsluipskutters drie seerowers doodgeskiet toe hulle die Maersk Alabama se Amerikaanse kaptein, Richard Phillips gered het uit ‘n reddingsboot waar hy na ‘n poging om sy skip te kaap, aangehou is.

“Seerowers het met outomatiese vuurwapens op MV Maersk Alabama geskiet wat gereageer het met vuur van ‘n aanboordvaartuigbeskermingseenheid,” het NAVFOR in ‘n verklaring gesê. “Die bemanning het daarin geslaag om die aanval af te weer en geen ongevalle is gerapporteer nie.”

NAVFOR het ‘n vliegtuig na die gebied gestuur en die naaste patrollerende oorlogskip is daarheen om die seerowers te jag.

Voormalige bemanningslede sê hulle het die maatskappy gevra om die skip te hernoem, oor te verf en op ‘n ander roete te stuur, nadat dit verlede jaar die eerste skip geword het om deur seerowers langs die kus van Afrika aangeval te word. Een van die lede, John Cronan, is in ‘n hofgeding met Maersk in Texas en beweer dat die maatskappy nalatig was om die bemanning in welbekende seerowergebiede sonder behoorlike beskerming in te stuur.

Seerowery neem weer in Somaliese waters toe na ‘n daling wat deur die moesonseisoen veroorsaak is.

 

автонасос электрический ценаДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae