Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het erken dat sy dolverlief op Brittanje se minister van buitelandse sake, David Miliband, 44, is.
Clinton het glo aan ‘n joernalis van Vogue gesê; “Goeie genade hy is aantreklik!” Die vrou van die voormalige president Bill Clinton, het Miliband glo voorts beskryf as “lewendig, onmisbaar en intelligent”.
Sy het glo ook vertel dat Miliband ‘n “goeie kêrel is en steeds baie jonk”.
Volgens Brittanje se Sun Daily, het Miliband die 62-jarige Clinton beskryf as “wonderlik” en ‘n regte “terggees”.
