Kapitalisme verloor stoom in Oos-Europa

Kapitalisme en demokrasie het stoom verloor in Oos-Europa en Sentraal-Europa. Talle mense in dié lande meen tans dat hulle ekonomies baie beter daaraan toe was onder kommunisme.

In ‘n peiling deur die Pew-navorsingsentrum wat Maandag gepubliseer is, 20 jaar na die val van die Berlynse muur, toon dat daar heelwat minder mense in die voormalige Sowjet-blok is wat demokrasie verkies as in 1991.

Die grootste verandering was in die Oekraïene waar ‘n yslike 42% hulle steun van demokrasie onttrek het. Net 30% ondersteun tans ‘n veelpartystelsel, terwyl 72% in 1991 gedink het dit is ‘n goeie stelsel.

Selfs in Oos-Duitsland het demokrasie ‘n knou gekry en is die ondersteuning met 6% af. In Bulgarye is dit met 24% af, in Litoue met 20%, Hongarye met 18% en Rusland met 8%

Net in Pole en Slowakye is die ondersteuning onderskeidelik met 4% en 1% op.

Terwyl die gedagte van demokrasie ‘n knou gekry het, het ondersteuning vir ‘n markekonomie in bykans elke land waar die peiling gedoen is, nog swakker gevaar.

In Pole en Tsjeggië was die gevoel meer positief oor die ekonomiese situasie, maar in Hongarye het 72% gesê die teendeel is waar.

Ten spyte van die negatiewe tendens, is lande oor die algemeen bly oor die val van kommunisme. Hulle sien ook lidmaatskap van die EU as ‘n positiewe stap, behalwe in Hongarye.

In Wes-Duitsland voel minder mense egter tevrede met hulle lewenstandaard as in 1991.

NAVO is ook gewild in die meeste lande, behalwe in die Oekraïene en Rusland.

Rusland is ook deur die meeste lande as ‘n negatiewe invloed gesien, met die uitsondering van Bulgarye en die Oekraïene.

‘n Groot aantal Russe, ‘n meerderheid, voel dat die einde van die Sowjet-Unie ‘n “reuse ramp” was en byna die helfte voel dit is “natuurlik” vir Rusland om ‘n ryk te wees.

 

мультик про робота трансформераДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae