Clinton waarsku Iran

Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het ‘n beroep op Iran gedoen om sy verpligtinge teenoor sy omstrede kernprogram na te kom.

Clinton het dié Islamitiese republiek gewaarsku dat “geduld sy beperking het”.

“Ons is bereid om na ‘n kreatiewe uitkoms te werk soos om verrykte uraan vir verwerking na plekke buite Iran te verskeep, maar ons gaan nie vir altyd wag nie,” het Clinton gesê.

Clinton was in gesprek met beamptes in Israel.

“Geduld is beperk en dit is tyd vir Iran om sy verpligtinge en verantwoordelikhede teenoor die internasionale gemeenskap na te kom en te aanvaar dat dié ooreenkoms ‘n goeie begin is.”

 

детские магазиныtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae