Geen datum vir Afrika-integrasie nie

Image

Wade, Ghadaffi gesels

Die afgelope AU-beraad, gewy aan die integrasie van Afrika, het Dinsdag ten einde geloop sonder dat daar op ‘n datum besluit is vir die totstandkoming van ‘n Afrikaregering. Dit is in ‘n finale verklaring in Akkra bekend gemaak.

Die projek om die Verenigde State van Afrika op die been te bring, gedryf deur Libië, is nou verwys na vier Kommissies wat aan die "volgende algemene vergadering verslag sal doen en die nodige aanbevelings sal maak" het John Kuofor aan die einde van die drie dae wat die beraad geduur het, gesê.

 
Daar was geen eenstemmigheid oor die oprigting van ‘n Verenigde State van Afrika nie en afgevaardigdes was verdeel oor die idee van 15 portefeuljes wat die Libiese leier, Ghadaffi, voorgestel het wat verdediging, buitelandse sake en buitelandse handel omvat.

"Ons gaan nie die of daardie [Unie] kopieër soos die VSA of die EU nie, maar iets wat […] vir ons kontinent reg is," het die president van Ghana, Kuofor, verklaar. Een van die kommissies wat aangestel is, "sal die bande tussen nasionale regerings en ‘n unie-regering" bekyk en die "impak op die daarstelling van soewereiniteit" op state ondersoek.

Twee ander sal konsentreer op die "padkaart en datumspertye vir gemeenskaplike regering" en ook hoe dit gefinansier sal word. Die oorspronklike idee van ‘n gemeenskaplike Afrika het gekom van Kwame Nkrumah en daarom is die AU-Beraad in Akkra gehou. Ghana vier vanjaar hul vyftigste herdenking van onafhanklikheid. Daar word pertinent na Nkruma se visie in die finale Verklaring verwys.

Thabo Mbeki, wat verantwoordelik was vir die skepping van die AU tydens ‘n byeenkoms in Durban, 2002, was egter minder as optimisties oor die nuwe planne en het die wens uitgespreek dat die AU tyd gegee moet word om "ryper" te word. Mbeki is ‘n voorstander van streeksintegrasie en nie algehele integrasie nie. Die huidige AU-voorsitter, Alpha Oumar Konare, was daarenteen van mening dat konflik in die Horing van Afrika en elders net deur ‘n pan-Afrikanistiese visie opgelos sal word.

Afrika se ministers het ook aangekondig dat ‘n ontwikkelingsfonds, die Pan-African Infrastructure Development Fund, opgerig gaan word. "Dit is ‘n fonds deur Afrikane wat tot die voordeel van Afrikane sal strek," het Nkosazana Dlamini-Zuma gesê. Daar word gehoop om langtandbeleggers oor te haal om meer in Afrika te belê.

детские палатки домикиФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae