Bismarck se agter-agterkleinkind sterf onnatuurlike dood

Ná die dood van Gottfried Graf von Bismarck-Schönhausen, een van die agter-agterkleinkinders van die Duitse Rykskanselier Otto von Bismarck, gons dit in Londen dat die oorsaak van sy skielike afsterwe moontlik ‘n dwelmoordosis mag wees.  Die Graaf was 44 jaar oud.
 
Langs die lyk het die polisie se ondoersoekbeamptes allerlei gereedskap gevind wat daarop dui dat die Graaf heroïensugtig was en aan ‘n oordosis gesterf het. Dit is Woensdag deur die Bild-koerant bekendgemaak. Die uitgesproke homoseksuele afstammeling van die luisterryke Kanselier was al meermale op die voorblaaie van die Britse pers, ook vanweë sy voorliefde vir wilde Londense partytjies.

‘n Woordvoerder van die Fürstlich von Bismarckschen Verwaltung (Vorstelike Bismarckse Administrasie) in Friedrichsruh in Schleswig-Holstein het gesê dat die oorledene al verskeie jare lank aan epilepsie ly en daarvoor behandel word. Die Britse owerhede het aangedui dat ‘n lykskouing gedoen sal word om die oorsaak van dood te bepaal en ‘n geregtelike ondersoek sal waarskynlik binnekort volg.

Die woordvoerder in Friedrichsruh het bygevoeg dat die familie diep geraak is deur die tragedie. Die begrafnis sal net deur sy naaste familie bygewoon word. Daar sal ook geen verdere aankondigings aan die pers gemaak word nie. Gottfried Graf von Bismarck-Schönhausen het as finansiële bestuurder in Londen gewerk.

Volgens Scotland Yard is Bismarck Maandagmiddag in sy woning in die luukse voorstad Chelsea oorlede. In dieselfde huis was daar verlede jaar ook ‘n voorval toe ‘n kuiergas van die huis se dakterras na benede gestort het terwyl ‘n partytjie aan die gang was. Die Graaf was glo nie betrokke by die man se dood nie.

инструмент длялобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae