Turkye weer ?n tamelet

Die 27 Europese Unie (EU) lidlande het op 25 Junie in Brussel ooreengekom oor die wyse waarop daar nou met Turkye oor moontlike toetrede tot die EU onderhandel gaan word. Die samesprekings sal binne die kader van ’n gesprek oor “statistiek” en ”finansiële kontrole“ gevoer word. Turkye se gereedheid om by die EU aan te sluit, sal beoordeel word op hierdie twee kriteria.

Die Europese Kommissie het voorgestel dat ’n derde kriterium ook in die gesprek gebruik word, naamlik die meer bepalende ”ekonomiese en monetêre aansluiting.“ Dit sou Turkye gereed gemaak het vir aanvaarding van die euro-geldeenheid en die Turkse reserwebank deel gemaak het van die stelsel van Europese reserwebanke. Hierdie kriterium is egter stilletjies deur Angela Merkel se entourage van die agenda verwyder voor die naweek se samesprekings begin het.

Merkel wou sodoende ’n konfrontasie met die Franse president, Nicolas Sarkozy, afweer. Frankryk het Duitsland naamlik ’n paar weke gelede ingelig dat hulle hierdie spesifieke kriterium vir gesprekvoering sou veto, aangesien dit te veel probleme sou meebring. As Turkye nou al die euro as geldeenheid aanvaar, gaan dit feitlik onmoontlik wees om later in die proses te weier om die land as volwaardige EU-lid toe te laat. Teenkanting teen Turkye se aansluiting by die EU was een van die hoofredes waarom Franse kiesers in 2005 die EU-grondwet by die stembus verwerp het.

Frankryk was die enigste van die 27 EU-lande wat teen die invoer van die euro in Turkye gekant was, so Merkel se besluit om die besprekingspunt van die agenda te verwyder, word as ’n belangrike konsessie beskou. Tog heers daar ook verskille binne Merkel se regerende koalisie oor die Turkse kwessie, dus moes sy self verlig gewees het om die kontroversiële bespreking te vermy. Die Duitse kanselier staan slegs ”’n spesiale vennootskap“ tussen die EU en Turkye voor, terwyl haar SPD koalisie-vennote sterk ten gunste van gewone Turkse aansluiting by die EU is.

Frankryk se houding oor die Turkse kwessie is egter steeds ’n bietjie verwarrend – net soos dit was onder die presidentskap van Jacques Chirac. Nicolas Sarkozy is steeds gekant teen die insluiting van Turkye in die Europese gemeenskap, op grond van die feit dat die land hom in Asië bevind. Hy is wel nie gekant teen die voortsetting van samesprekings tussen die EU en Turkye nie. Tydens sy onlangse presidensiële veldtog het hy egter uitdagend beloof om die onderhandelingsproses te staak. Sarkozy glo nou dat dit beter sal wees om eers die kwessie van die nuwe EU-verdrag, wat die gewraakte grondwet gaan vervang waarteen die Nederlandse en Franse kiesers in 2005 gestem het, te finaliseer voor die Turkse tameletjie getakel word. Dan wil die Franse sorg dat debat binne die EU gevoer word oor waar presies die geografiese grense van die EU is, wat tot nuwe spanning kan lei tydens die EU-beraad van Desember 2007.

палатка ценаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae