Angola verwelkom SA se energiebetrokkenheid

Angola sal Suid-Afrika se privaatsektor se betrokkenheid in sy wankelende elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk verwelkom, het die Angolese minister van energie Vieira Lopes Donderdag gesê.

Sy het in Kaapstad gepraat nadat sy haar Suid-Afrikaanse eweknie Dipuo Peters ontmoet het om 'n energie-ooreenkoms tussen die twee lande te finaliseer.

Lopes het gesê Angola, wat nie lank gelede nie nog in 'n burgeroorlog gewikkel was, moet van lande leer wat verder gevorder het op die pad van ontwikkeling.

Ander kwessies wat aandag moet geniet is die ontwikkeling van hernubare energie en 'n manier om die verspilde hitte van raffineringsvlamme aan te wend.

Angola het noemenswaardige potensiaal danksy sy hidroelektrise kapasiteit wat Suid-Afrika kan gebruik.

"In ruil kan Angola ondervinding sowel as hulp van Suid-Afrika ontvang waarby albei lande kan baat," het sy gesê.

'n Ooreenkoms om Angolese in Suid-Afrika op te lei is ook beklink.

Sy het Suid-Afrikaanse beleggers uitgenooi om veral in die energiesektor in Angola te belê.

Peters het op haar beurt gesê sy verwelkom die uitnodiging.

Suid-Afrika sal "breedweg" moet let op die veiligheid van kragvoorsiening vir die streek asook die kontinent.

Volgens die ooreenkoms sal 'n werkswinkel in Suid-Afrika gehou word wat deur die lande se energiedepartemente gereël sal word asook hulle kragvoorsieners. Hulle sal kyk na opwekking, transmissie en verspreiding.

Dit volg nadat 'n raamwerkooreenkoms deur die twee lande se presidente drie weke gelede onderteken is.

Peters het gesê dit is die begin om seker te maak dat die ooreenkoms in werking gestel word.

от кровоточивости десенОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae