Spanning in Israelse veiligheidsmagte

Verlede week se publikasie van ooggetuieverslae deur Israeli soldate van beweerde mishandeling van Palestynse burgerlikes in die onlangse gevegte in Gasa beklemtoon ‘n debat in Israel oor die reëls van oorlog. Maar dit ontbloot ook iets anders: Die stryd tussen sekulêre liberales en gelowige nasionaliste vir beheer oor die weermag en die samelewing.

Verskeie van die getuienisse wat gepubliseer is deur ‘n instituut wat ‘n voor-militêre kursus aanbied en geaffilieer is met die linkse sekulêre kibboetsbeweging, toon ‘n duidelike onverdraagsaamheid met gelowige soldate, en stel hulle voor as selfaangestelde heilige-stryders.

Vir die eerste vier dekades van Israel se bestaan is die weermag – soos menige ander lande s’n – gedomineer deur die kibboetslede wat hulself as sekulêr, Westers en opgevoed beskou. In die laaste 2 dekades het gelowige nasionaliste, insluitend baie van die setlaarsbeweging in die Wesbank in meer belangrike militêre posisies inbeweeg.

In die Israelse samelewing is hulle ‘n groeiende teenwoordigheid, anders as en meer modern as die swart geklede ultra-ortodokses, wat van militêre diens vrygestel word.

“Die offisierskorps van die elite Golani-brigade is nou digbevolk met gelowige regtes van die voorbereidingsakademies,” het Moshe Halbertal, ‘n Joodse professor in filosofie opgemerk. Hy was ‘n medeskrywer aan die militêre etiese kode en is self polities liberaal, maar streng godsdienstig.

Een kontroversie wat byvoorbeeld onlangs ontstaan het is toe ‘n boekie wat uitgegee is  ‘n Rabbiniese edik bevat het teen die toon van genade aan die vyand. “Hy wat genadig is aan die wrede, sal uiteindelik wreed wees aan die genadige,” het een van die slagspreuke gelui. 

Die ministerie van verdediging het die rabbi oor die vingers getik oor die stelling.

для баниФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae