praag.co.za

Trump gee Navo en Merkel twee ken-opstoppers

Written by

in

,

In twee afsonderlike onderhoude met Duitsland se Bild en Londen se Sunday Times, het Donald Trump uit sy hoek van die internasionale bokskryt gestorm gekom, met verreikende beleids- en strategie-aankondigings oor NAVO en Merkel.

Trump het aan die Times gesê baie lande gaan die Europese Unie verlaat, as gevolg van die skade wat aangerig is deur die migrasiekrisis. “Ek dink dit is baie moeilik,” het hy gesê. “Mense, lande wil hul eie identiteit behou en die Verenigde Koninkryk wou sy eie identiteit hê.”

Trump het NAVO beskryf as uitgedien, en voorspel dat ander lede van die Europese Unie die Unie binnekort gaan verlaat.

Hy het ook gepraat oor sy standpunt oor Rusland en voorgestel dat hy dalk ekonomiese sanksies teen Vladimir Poetin as hefboom in gesprekke oor kern-ontwapening sal gebruik. Navo, het hy gesê, “het probleme”.

“[NAVO] is uitgedien, eerste, want dit is ontwerp baie, baie jare gelede,” het Bild Trump aangehaal. “In die tweede plek betaal lande nie wat hulle moet nie” en NAVO “het niks teen terrorisme gedoen nie”.

Maar sy mees neerhalende opmerkings was gemik teen die EU en Merkel, wie se oop-grens-beleid ‘n “katastrofiese fout” was volgens hom. Hy het die EU as ‘n instrument van Duitse oorheersing voorgehou met die doel om die VSA te klop in internasionale handel. Om dié rede, het Trump gesê staan hy afsydig ​​teenoor lande wat nie die Unie wil verlaat nie volgens Bild.

Merkel staar ‘n ongekende uitdaging in die gesig van die anti-immigrasie Alternatief vir Duitsland as sy ‘n vierde termyn aanpak, in navolging van vele Afrika diktators wat wil bly klou aan mag.

Trump het opgemerk dat sy Duitsland seergemaak het deur die inlaat van “al hierdie onwettiges” in haar land.

Bloomberg berig dat Trump se kommentaar “min twyfel laat dat hy sal vashou aan veldtogposisies en in sommige gevalle dekades van Amerikaanse buitelandse beleid gaan omkeer, om hom fundamenteel in stryd te bring met die Duitse kanselier Angela Merkel oor kwessies wat vrye handel en vlugtelinge asook sekuriteit en die EU se rol in die wêreld insluit”.

Toe hy gevra is oor die vooruitsig van ‘n vermindering in kerngereedheid teenoor Rusland, het Trump aan die koerant gesê: “Vir een ding, dink ek kernwapens moet baie minder word en aansienlik afgeskaal, dit is ‘n deel daarvan.”

Die nuwe Amerikaanse president het gesê hy wil met Brittanje ‘n “billike” handelsooreenkoms binne weke sluit om te help met Brexit, ‘n “groot ding”. Hy het die Britte geprys dat hulle die EU verlaat het. Mense en lande wil hul eie identiteit behou en wil nie buitestaanders laat instroom om alles te “vernietig” nie, het hy gesê.

Comments

8 responses to “Trump gee Navo en Merkel twee ken-opstoppers”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Trump het opgemerk dat sy Duitsland seergemaak het deur die inlaat van “al hierdie onwettiges” in haar land.”

    ‘Seermaak’ is nog wat te zacht uitgedrukt en GEEN uitdrukking die werd gebezigd door hooton, nizer, kaufmann, morgenthau, in hun plannen om de GERMAAN uit te roeien en te vervangen.
    De lage netto geboortecijfers en HOGE abortuscijfers van/op Germanen zijn in Duitsland en West Europa al 50 jaar geen goed teken. en al helemaal niet bij rond fokkende totalitair verplichte nieuwe naasten die nu ‘vluchtelingen’ worden genoemd.

    Er zijn keiharde aanwijzingen dat aan een geplande nucleaire oorlog op overgebleven Duits grondgebied is ontsnapt in de koude oorlog.

    Maar 10 atoomkoppen of korte afstand raketten op Duitse doelen hadden zeer waarschijnlijk minder schade aangericht dan wat er nu wordt losgelaten.

  2. Rifrug Avatar
    Rifrug

    ” … het Donald Trump het uit sy hoek …” – te veel ‘hette’ hier!

  3. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    NAVO se doel is uitgedien , kort en klaar , dit het geen bestaansreg na die USSR verbrokkel het nie en is op die staduim veel eerder ‘n spioenasie nes vir ‘n klomp parrasiet lande.
    Dit wil ook voorkom of Brexit stil gesmoor word deur die opinievormers in ‘n hoop dat dit impetus verloor soortgelyk aan Skotland se vryheids intiatief .

  4. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Op pagina 5 van het geschreven of gedrukte naaktblad Bild staat nu als primeur(!) het relaas van de 22 jarige Valerya, wiens vader en moeder zijn omgekomen bij de aanslag op de kerstmarkt in Berlijn.
    Hier ter indicatie het Bild+ bericht : http://www.bild.de/bild-plus/news/inland/terrorberlin/meine-eltern-starben-auf-dem-weihnachtsmarkt-49807790,view=conversionToLogin.bild.html

    Hoewel geen bio Duitse (Oekraïns)toch een keer een blank gezicht van een slachtoffer van de moslim terrorist en zware crimineel Amri, die als ‘vluchteling’ Duitsland werd ingelogen.
    Geen schadevergoeding en staatsbijstand voor Valerya.
    Wel voor de enige criminele Afrikaanse/moslim misdadiger, die in de cel belandde na de nacht van Keulen.
    Voor 3 weken cel kreeg hij € 5000 ‘vergoeding’ !
    Wat een radicaal contrast in de falende volksvijandige Duitse rechtstaat.

    De scheidslijn tussen terreur en geïmporteerde Afrikaanse/moslim misdaad is al jaren flinterdun en diffuus in elk WE land.
    Uit diverse WE landen is bekend dat de falende volksvijandige politiek de politie en andere diensten VERBIEDT om doortastend op te treden tegen migrantenmisdaad.
    Dat deed m.n. de voormalige racistische bolshewistische pedofiele burgemeester van Amsterdam, Ed van Thijn, ook toen het om voortwoekerende racistische Turkse islamofascistische netwerken als de ‘Grijze Wolven’ ging in de jaren ’80.

  5. Johnnycongo Avatar

    Nou ja, “so draai die wiel”. Ek vermoed dat die Liberale Linkses die nuwe wereld terroriste gaan word. Maar, die sluimerende en mymerende konserwatiewes en regses het toegelaat dat al hierdie vangnette, verval, korrupsie en manipulasie so kon uitbrei. My hoop is dat terwyl ons nou vurig en entusiasties in die Trump, vernuwende en regse koorsigheid meegesleur word, ons wakker en wys genoeg is om (veral ook in SA) daadwerklik en tasbaar prakties in te tree waar die lugleegtes nou hang agter die verstommende internasionale veranderings wat in nuwe bravado verbyflits! Anders … gaan “sewe ander geeste” die leemtes vul en groter chaos laat, – voer ek aan.

    1. Guest Avatar
      Guest

      Quite so. The leftists are no strangers to extreme violence as we know in SA, and they are always white on the outside. http://freewestmedia.com/2017/01/16/converts-in-africa-are-threatened-by-muslims-from-europe/

  6. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Mev Merkel wou Barak Obama behaag deur Europa te verswart. Nou kom sy skielik agter sy het haar geld op die verkeerde perd gesit. Hoe’t Gatiepie gesê, so kom die eeste pêd dêde.

    1. Toney Wagner Avatar
      Toney Wagner

      En die dêde pêd ‘n bietjie vêde.

Leave a Reply