14 thoughts on “Geseënde Kersfees word al ons lesers toegewens!”

    1. Pous Julius I (337-352) het in 330 ‘n edik uitgevaardig wat bepaal het dat 25 Desember moet dien as geboortedag van Jesus. Hiermee wou hy aan hierdie dag ‘n ander betekenis gegee. Nie die Son nie, maar Jesus was die ‘Onoorwinlike Son’ (Sol Invictus) en die ‘Son van Geregtigheid’ (Sol Justitiae) en die ‘Lig van die Wêreld’. Op 25 Desember 335 het die eerste Kersviering in Rome plaasgevind ter herdenking van ‘Jesus se geboorte’.

        1. Vir ‘n lang tyd is die viering van Kersfees algemeen aanvaar, maar na die hervorming het Godvrugtige Protestante dit verwerp. In 1644 toe die Puriteine ‘n meerderheid in die Engelse parlement behaal het, is verklaar dat 25 Desember nie meer as geboortedag van Jesus gevier sou word nie. Dit sou ‘n gewone markdag wees en sou bekend staan as ‘The Profane Man’s Ranting Day’. Op hierdie dag sou die polisie Kersvierings opbreek, die versierings verwyder en die skuldiges arresteer

          1. Dit is ongelukkig so dat niemand weet presies op watter dag Jesus gebore is nie, maar aan die ander kant wil mens graag eenvormigheid hê. As elke ou op sy eie datum Christusfees hou, sal dit so ‘n bietjie chaoties wees. Mense moet net leer dat 25 Desember NIE sy geboortedag is nie, maar dat ons op daardie dag Sy geboorte GEDENK.
            Dieselfde met Sabat. Niemand weet op watter dag die eerste kalender se Sabat geval het nie. Sommige mense vier dit op Vrydag, ander op Saterdag, en nog ander op Sondag. Die naam van die weeksdag is tog nie belangrik nie, maar wel dat ons een uit die sewe dae as die Sabat sal vier. Sommige mense noem Sondag die eerste dag, ander noem Maandag die sewende dag, ensovoorts.
            Die feit dat die meeste mense op aarde die Sabat op Sondag vier, is bloot om ‘n eenvormige, internasionale standaard daar te stel.
            In die verlede was daar ‘n kalender wat Desember as die 10de maand (Desa) aangedui het. Die 9de maand was Nova; 8ste was Okta; 7de was Septa.
            Die 10de maand is as die “bose” maand beskryf, en die 7de as die “heilige” maand.
            In Rusland word 7 Januarie as die eerste dag van die jaar beskou, maar in die outydse kalender word 21 Maart as die begin van die jaar beskou. Dit is “eerste dag en nag ewening” genoem.
            Op die 23ste van die 7de maand was dit “Tweede dag en nag ewening”.
            Alles het goed uitgewerk, maar toe kom die politiek, en magsbeheptheid, en bedinges alles!

          2. Vir dié van ons wat Protestante is, hoef daar gelukkig GEEN verwarring te bestaan nie.
            Ons vier vanjaar op 31 Oktober “Hervorming”. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther (hy was voor daardie dag ‘n Katolieke Monnik) sy 95 Stellinge op die voordeur van die Slotkerk in Wittenberg, Duitsland, gaan vas spyker.
            Met hierdie daad het hy homself van die Rooms Katolieke Kerk losgemaak, en die Protestantse beweging bekendgestel. Die Protestantisme is op daardie dag gebore.
            Vanjaar vier ons dus die 500 ste jaar van Protestantisme.
            Ongelukkig val dit op ‘n Dinsdag, en nie oor ‘n naweek nie. Die nie-Protestantse wêreld sal dus weier om sy werknemers op daardie dag af te staan, en net voet by stuk hou: “Vandag is ‘n werksdag, en jy sal kom werk!”

          3. Peter, dit gaan nie oor watter datum reg of verkeerd is nie, maar eerder oor die inhoud en gebruike van kersfees. Al die gebruike en simbole het niks met die Verlosser te doen nie maar eerder diep heidense en roomse gebruike. Nerens in die Bybel kry ek n vers wat se ons moet sy geboorte vier nie. Dit is n menslike instelling, soos baie dinge vandag in die heedendaagse christen gebruike is.

          4. Die pous het,,national Sunday law,, ingestel. So as ons sondag as rusdag hou,Dan doen ons presies wat die pous will hê!

  1. Dit is nou maar eenmaal so dat die mensdom a.g.v. ons ingebore godsdiensgees geneig is om die “modes” in baie opsigte blindelings deur die mistigheid van die eeue te volg. Dit is vir my interessant om op te lees oor die godsdiensbeskouings in die tyd van Nimrod en Babilon, voor en tydens die tyd van Konstantyn, en hoe die Christen gemeetes na die Kerk van Handelinge mettertyd feitlik totaal hierin verswelg is. Dit blyk asof die Roomse kerk dan meer suksesvol was in die assimilasie van heidense en Christen gebruike met die oog op die strategiese uitbreiding van die Romeinse Ryk. Sonaanbidding of Mithraisme het vandag wereldwyd ‘n geweldige groot inslag as fondasie vir godsdiens en filosofiese instansies wat dan weer die fondasie vorm waarop gemeenskappe, handel en alliansies gebaseer word. Of die blanke Afrikaner “volk” werklik weet wie en wat ons is in godsdiens, filosofie, identiteit, fondasie, sosio-ekonomiese bestel en toekomsvisie weet ek nie. https://uploads.disquscdn.com/images/30f0359a06240895f161a05d8d4673f1f678c5a7505e8be4bebccae8535dc9e7.jpg

  2. Ek is ongelukkig te laat om aan lesers ‘n Geseënde Kersfees toe te wens, maar vandag (2 Januarie 2017) wil ek – saam met die goeie Nuwejaarswense – vra dat eendersdenkende volksgenote asseblief weer sal dink aan ‘n versoek van Dr Dan van baie jare gelede, naamlik dat ons sal verenig.
    Die woord wat ons soms gebruik het, was “konsolideer”. Met ander woorde, laat ons fisies en ekonomies nader aan mekaar beweeg!
    Ek verwys nie hier na mense wat deur hul werksomstandighede gedwing word om te bly waar hulle tans bly nie. Ek verwys na mense wie se omstandighede hulle toelaat om te verhuis, om – soos ‘n magneet – na hul eie mense te verskuif.
    Afrikaners, of Boere, of Boere-Afrikaners (met ander woorde: Volksgenote) wat wil, of kan, of moet trek, oorweeg dit om na ‘n “meerderheidsdorp” te verhuis.
    Daar is ongeveer 40 dorpe in Transvaal (hoofsaaklik in Gauteng en Oos-Transvaal) waar volksgenote tussen 30% en 100% van die totale inwonerstal uitmaak. Moenie na ‘n dorp of stad verhuis waar u totaal verlore gaan wees nie. Pretoria, Centurion, Sandton, en Edenvale, is van die groter sentra waar volksgenote ‘n meerderheid is.
    Dan is daar ook sowat 20 dorpe in Kaapland waar volksgenote ‘n meerderheid is.
    Die dorpe Orania en Kersbosstrand se inwoners bestaan 100% uit volksgenote. Maar, daar is nog ander waar die persentasie ook hoog is. Dwarskersbos; Laaiplek; Velddrif; en Aurora; aan die Weskus, is ook meerderheidsdorpe. Die ander is aan die suidkaapse kus, ook bekend as Die Tuinroete. Naas die Kruger Wildtuin, is die Tuinroete ons land se gewildste toerismegebied. Beide binnelanders en oorsese toeriste besoek graag die talle klein vakansie-oorde aan die Tuinroete.
    Die dorpe se name is: Pringlebaai (waar die Engelssprekendes meer as volksgenote is); Struisbaai; Witsand; Port Beaufort; Groot Jongensfontein; Stilbaai; Gouritsmond; Hartenbos; Wildernis; Sedgefield; Keurboomstrand; Nature’s Valley; Kaap St Francis (hoofsaaklik Engelssprekendes); en Jeffreysbaai.
    As u beplan om by die see te gaan aftree, of gaan vakansie hou, of huiskoop, of ‘n ligte nywerheid wil oprig – oorweeg dan een van genoemde dorpe. Aan die res van ons land se kusgebied, sal u nie see-oorde vind waar u eie mense in die meerderheid is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae