Dwelmkenners in Brittanje sal nou hulle aandag daarop vestig om die psigedeliese dwelm LSD te probeer afgradeer na hulle gister 'n vernederende mislukking gelei het oor die versagting van die dwelm ecstacy.
Ministers het 'n aanbeveling van die Advisory Council on the Misuse of Drugs (ACMD) verwerp wat aanbeveel het dat ecstacy se gradering van 'n klas A na klas B dwelm verlaag word.
'n Tweede voorstel dat toetsstelle uitgegee word aan gebruikers om die tablette voor gebruik te toets vir suiwerheid en sterkte is ook deur die ministers uitgegooi is.
Regerings-dwelmadviseurs vra dat LSD afgegradeer moet word nadat voorstelle wat vra dat ecstacy as minder ernstig beskou word, uitgegooi is.
Maar die ACMD, wat gelei word deur professor Dawid Nutt, het gesê hulle is nie afgesit deur die verwerping nie, wat gevolg het na 'n vroeëre aansoek van die komitee dat dagga se gradering na klas C verander moet word.
Die paneel sal nou 'n in-diepte ondersoek loods of LSD afgegradeer moet word na klas B.
Mary Brett, van Europa Teen Dwelms het gesê "LSD is 'n baie onvoorspelbare dwelm en baie gevaarlik."
"Dit is asof die ACMD 'n speletjie speel, maar dit is te ernstig daarvoor. Ons praat van kinders se lewens en toekoms."
Die departement het dit duidelik gemaak dat dit gekant is teen die afgradering van LSD, wat die minister van binnelandse sake, Jacqui Smith, in konflik plaas met professor Nutt.
'n Woordvoerder het gesê: "Die regering het geen planne om LSD te herklassifiseer nie. LSD het baie wisselende en soms baie skrikwekkende effekte."
Die skuif kom na syfers getoon het dat die aantal 10 tot 16 jariges wat gevonnis word vir dwelmoortredings met 149% toegeneem het sedert die Arbeidersparty aan bewind gekom het.
In 2007 is 3019 kinders gevonnis weens dwelmoortredings, wat 'n merkbare verhoging is van die 1212 in 1998.
Dominic Grieve, die sekretaris van die skadu-justisie het gesê: "Dit is 'n direkte gevolg van die ministers se gemengde boodskappe oor gevaarlike dwelms, wat 'n hele geslag verraai."
Die ACMD se verslag oor ecstacy, waaraan omtrent 17 mense per jaar sterf is gister gepubliseer, maar die bevindinge is onmiddellik verwerp deur mej Smith, wat professor Nutt vroeër die week berispe het vir sy stelling dat om dwelms te neem niks gevaarliker is as om perd te ry nie.
