Twee aangekeer vir moord op onderwyseres

Die polisie in Noordwes het Woensdagmiddag twee minderjarige swart seuns in verband met die moord op ‘n onderwyseres van Brits, Esbie Koster, in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Mpeile Talane, het gisteraand aan OFM-nuus bevestig dat die seuns, onderskeidelik 16 en 17, in die Brits gebied deur die polisie opgespoor en vir ondervraging ingeneem is. Hy sê hulle is in hegtenis geneem.

Volgens Talane is die 55-jarige Koster, ‘n onderwyseres aan die Rabboni Christian-skool buite Brits, se vermiste wit Volkswagen Golf ook in die Brits-gebied gevind.

Koster se lyk is Dinsdagmiddag langs ‘n pad by Magalieskraal naby Brits gevind. Sy het ‘n skietwond aan die kop gehad en is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Haar motor en selfoon word vermis.

Die polisie het gister vermoed Koster, was die slagoffer van ‘n motorkaping. Sy is vermoedelik vermoor en toe langs die pad gelaat.

2 thoughts on “Twee aangekeer vir moord op onderwyseres”

  1. Ons gaan lank wag vir al die dermuitrygers rasbyters van die outjie met die kispak om nou in geregtigheid ook te gil en dreig vir vergelding van Esbie .
    Praat van verdraaide waardes …o ..ek vergeet jy moet eers waardes he voordat dit verdraai kan word, die afwesigheid en stilte van die OPINIE VORMERS is oorverdowend en dan wil hulle kla omdat niemand na hulle wil luister nie!!waarlik irrelevant .

Maak 'n opvolg-bydrae