Malema belowe sy bendes dat hulle wit grond sal vat

Die EFF-leier en liefling van Britse Marxiste, Julius Malema het Maandag ná sy hofverskyning in Newcastle sy bendes vertel dat grond in wit besit op “enige manier nodig” gevat sal word.

“Die wit minderheid, wees gewaarsku: Ons sal ons grond vat, dit maak nie saak hoe nie. Dit word onvermydelik. Die grond sal gevat word op enige manier nodig. Die grond sal aan swart mense teruggegee word,” het Malema aan duisende EFF-ondersteuners buite die landdroshof in Newcastle belowe.

“Hulle (wit mense) het hulle (swart mense) geslag soos diere. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie. Ten minste vir nou,” het Malema die massa aangehits.

Malema word daarvan aangekla dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste oortree het deur mense aan te hits om ‘n misdaad te pleeg.

Die saak is tot 7 Desember uitgestel tot die Rooi Nar se regspan aansoek by die hooggeregshof gaan indien om die “apartheidswet” ongrondwetlik te laat verklaar.

15 thoughts on “Malema belowe sy bendes dat hulle wit grond sal vat”

  1. De ‘outsourced’ anc jeugliga in rooi T-hempies kan niet anders dan misdadig tot misdaden aanhitsen en misdaden begaan.
    Voor de immense schade die ontstaat is neemt uiteraard geen van de opvreters verantwoordelijkheid.

    Gevolgen van de dekoelakisering[bewerken] onder Stalin :

    De collectivisatie betekende het einde van de traditionele boerencultuur en liet de landbouw, beroofd van initiatiefrijke en zelfstandige boeren, berooid achter. Het zou nog jaren duren eer de landbouwproductiviteit weer op het niveau van voor de collectivisering was.

    In de lente van 1919 werd een eerste serieuze aanvang gemaakt met dekoelakisatie, die aanvankelijk mislukte, maar in 1920 met grotere dwangmiddelen werd doorgezet[3].

    De invoering van de Nieuwe Economische Politiek (NEP) in 1921 leidde tot een kortstondige herleving van de zelfstandige boeren. De introductie van de NEP door de bolsjewieken was zuiver pragmatisch: door de revoluties en de burgeroorlog was het land dusdanig ontredderd dat de economie tijd nodig had om op adem te komen.

    Toen Stalin de macht definitief in handen had, maakte hij in 1928 een einde aan de NEP. Hij voerde het eerste vijfjarenplan in en installeerde het zgn. Centraal Planbureau. Hij initieerde de collectivisering van de landbouw, waarbij kolchozen (collectieve boerengemeenschappen) en sovchozen (staatsboerderijen) tot stand kwamen. Dit ging gepaard met grootschalige staatsterreur en wetteloosheid. Alle zelfstandige boeren die zich niet bij de kolchozen wilden aansluiten werden ideologisch gediscrediteerd en tot “koelakken” gestigmatiseerd. Deze mensen waren daarmee feitelijk vogelvrij verklaard; alles werd hun afgenomen en ze werden aan hun lot overgelaten. Velen waren hierdoor veroordeeld tot de hongerdood en stierven van de ontberingen; sommigen verdwenen in strafkampen of gevangenissen. Anderen werden verbannen en moesten veelal te voet naar hun banningsoord gaan, en dat waren plekken waar leven feitelijk onmogelijk was:

  2. HIerdie land is mal. ‘n Persoon se saak oor die k-woord draai in die kontstitisionele hof – en dit is ‘n aanslag teen ‘n hele groep mense – hoe is hierdie optrede van Malema dan anders? – ‘n Openlike dreigement! As ek of jy so iets durf dink dan loop jy die Penny Sparrow paadjie maar hy sê dit in die openbaar (terwyl hy besig is om aangetree te word oor haatspraak) en niemand rep ‘n woord daaroor nie!

    Verder raak hy goed kwyt dat ons hulle geslag het – dit was julle EIE mense – Shaka, Dingaan, Winnie – so kan die lysie aangaan.

    Weet verseker die skrif is aan die muur in hierdie malhuis.

    1. More Rooikop,
      die probleem is dat hy baie bewus is daarvan, maar hy sê goed wat die gepeupel wil hoor.
      Streng gesproke moes hy net daar gearresteer gewees het, en toegesluit word maar almal is te bang vir wat die sodanige rooi gepeupel dan sal doen. So hy weet hierdie goed en hy buit dit uit.
      “He who live by the sword, die by the sword”.

    2. Daardie saak is al so stokoud ek het daarvan vergeet. Die groot probleem is dat ons nie n First Amendment het nie. Woorde het spirituele MAG. Ons sal nooit ons vryheid terugwen sonder sekere verbande woorde nie. Duitsers en Britte is vandag slawerasse agv die Muilband-Strategie. Net Amerika kon Trump verkies het, hy sou in enige ander land van “haatspraak” aangekla word.

  3. Malema is so onnosel sy brein kry nie eers gesigsuitdrukkings gemaak nie! Hy weet duidelik dus nie waarvan hy praat nie, want dis nie die wittes wat hoegenaamd ‘n wittebrood gehad het nie. As mens kyk na die inkomstes sonder verdienste van die nuwe swart elite waarvan die punt van die ysberg nou eers te voorskyn kom in die staats-kapings-verslag, dan wonder ek nou werklik wie op wittebrood was. Wat die blankes betref is die welvaart deur hulle geskep stelselmatig afgetakel tot op die punt dat die land se ekonomie nie slegs sy volhoubaarheid algeheel verloor het nie, maar ook die vlak van derde wêreld hool lankal reeds verbygesteek het. Wie weet, dalk genees hy net ‘n paar liberale? Die verkiesing in Amerika wys dat die winde van verandering begin waai. Die miere is keelvol vir die onversadigbare sprinkane!

  4. Malema se spul het, ek gaan liefs nie dorp se naam hier in die NW noem nie vir ‘n bepaalde rede, het die plaas beset.

    Die boer het soos die protocol bepaal, die saak by die spesifieke afdeling van die plaaslike polisie gerapporteer. Die agbare swart polisievrou dring toe aan op die titelakte.

    Met moeite word die verkry en aan haar verskaf. By navraag, deur die boer, ‘n dag of wat later, word hy meegedeel die plakkers beweer dit is nie sy grond nie en sy kan verder niks doen nie.

    Kry hofbevel teen plakkers. Die betrokke Maandag moes die plakkers toe verwyder word. Geen polisie daag op nie.

    Toe spring die boere van die veiligheidsforum in en kontak Potch. Stories. Al wat die boere toe sê, “ons sal môre 300 gewapende boere daar hê om die spul af te gooi want julle gaan nie ons grond kom afvat nie?”
    Die volgende dag was die Balju, polisie en die opruimers daar om die spul te verwyder.

  5. Met ondervinding in sub-Sahara Afrika sedert 1981 sou ek wou hoop dat Afrika se rondsit en rondstaan of groot indaba “entitlement” wittebrood een of ander tyd, – hopelik spoedig, – sal begin plek maak vir verantwoordelikheidsin, voortuitbeplanning, rentmeesterskap en die volhoubare ‘Africa Rising” waaroor al so baie geprofiteer en gepraat is in Afrika.

Maak 'n opvolg-bydrae