Irene Mall vir ‘n derde keer beroof

Image'n Gewapende bende van 14 mans het die Irene Farm Village Mall Dinsdag  in die vroeë ure van die dag beroof van skoene, klere en parfuum, het Pretoriase polisie gesê.

Die arrogansie van die rowers demonstreer hoë vlakke van selfvertroue, wat 'n direkte gevolg is van die ANK-regering se onvermoë om misdaad uit te roei, het die ACDP gesê.

Hoewel die sentrum redelik nuut is, is dit voorheen reeds twee keer tydens besigheidsure beroof, het ACDP-raadslid AnneMarie Sparg Dinsdag in 'n verklaring gesê.

"Dit is dié tipe chroniese misdaadaktiwiteit wat beleggers ongelukkig maak en lei tot die sluiting van besighede en die aflegging van werkers, met 'n gevolglike verhoging in werkloosheid," het sy gesê.

Polisiewoordvoerder Aveline Hardaker het gesê die rowers het in 'n konvooi van bakkies en sedanmotors na die sentrum gery, en ingery deur een van die vele ingangshekke, waar hulle langs 'n sekuriteitswag gestop het.

"Vier gewapende mans het uit die voertuig geklim en  gewere op die wag gerig, waarna hy beveel is om te gaan lê," het sy gesê.

Die rowers het toe nog 'n wag nader geroep wat in die omgewing was en beide wagte beveel om hulle na die winkels te begelei.

Daar het sommige van die rowers die venster van 'n winkel gebreek en klere en skoene gesteel. Sommige van die ander rowers het die deur van 'n winkel langsaan gebreek en die plek deursoek.

Die bende het die twee wagte beveel om te help om die buit na die voertuie te dra.

'n Derde wag het in die sentrum ingery toe die rowers weggery het, waarna hulle op hom begin skiet het.

"Een van die rowers het hom van agter verras en sy vuurwapen van hom afgeneem," het Hardaker gesê.  

swarovski crystal bridalФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae