Polisieman aangehou vir roof en poging tot verkragting

'n 27-jarige polisiekonstabel is Vrydag in Parow gearresteer nadat hy klaarblyklik drie mense by hulle huis aangeval het, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Inspekteur Bernadine Steyn get gesê die polisieman wat nie aan diens was nie is by 'n huis in Eerstelaan gearresteer minute nadat hy een van die inwoners met 'n vuurwapen gewond het.

"Hy het in die huis ingegaan en R300 van die inwoners afgeneem terwyl hy die wapen op hulle gerig het. Daarna het hy na bewering 'n vrou wat saam met die twee mans was probeer verkrag voordat hy met een man baklei het en hom in die heup geskiet het," het Steyn gesê.

Die beseerde man is na 'n nabygeleë hospitaal geneem.

Gedurende die arres het polisie die konstabel se dienspistool gekonfiskeer.

Die man staar klagte van gewapende roof, poging tot moord en poging tot verkragting in die gesig.

Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Belville verskyn.

освещение улицы в частном сектореФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae