praag.co.za

Massavergadering oor aanvalle op vreemdelinge in Durban

Written by

in

n Massavergadering is Dinsdagmiddag gehou in Durban se Albertparkgebied om onlangse aanvalle op buitelandse inwoners in die gebied te bespreek.

Albertparkraadslid, Vusi Khoza, het gesê die vergadering sou probeer om pogings te vind om die aanvalle te hanteer.

"Ons sal verteenwoordigers van die gemeenskapspolisiëringsforum, die polisie en buitelanders op die vergadering teenwoordig hê. Ons wil 'n oplossing vind vir die probleem en aan ons mense verduidelik dat die aanvalle moet stop," het Khoza gesê.

Ten minste drie buitelanders is dood terwyl nuwe spanninge tussen buitelanders en Suid-Afrikaners weer opgelaai het in Albertpark.

Volgens polisieverslae, het 'n Malawiër, 'n Mosambieker en 'n Zimbabwiër hulle Sondag doodgeval toe hulle probeer het om van hulle aanvallers – omtrent 150 mense wat wapens soos kapmesse gedra het – te ontsnap. Die skare het 'n hoë gebou binnegegaan wat deur buitelanders bewoon word, wat verskeie gedwing het om deur die vensters na buite te spring. Twee is later in Durban se Addingtonhospitaal dood.

Die insident het plaasgevind ses maande ná die voorvalle van sogenaamde vreemdelingehaat wat regdeur Suid-Afrika plaasgevind het. Ten minste 60 mense is dood en 100 000 is ontwortel gedurende die aanvalle. 

магазины игрушек харьковФильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply